Gewapende rowers oorval prof en personeel by UV

Drie gewapende rowers het Donderdag op ’n departementshoof se kantoor toegeslaan by die Universiteit van die Vrystaat. Die gewapende rowers het die hoof van die departement dierkunde en entomologie, prof. Jo van As, ’n meestersgraadstudent en ’n tegniese assistent oorrompel. Twee van die drie rowers het glo reeds Woensdagmiddag in die gebou rondgedwaal en gemaak

Lees verder: Gewapende rowers oorval prof en personeel by UV

‘n Stamowerheid vir Afrikaners?

Tydens die gewraakte dinee met Zuma in Libertas, het die Suid-Afrikaanse president ‘n nogal veelseggende opmerking gemaak. “Dis jammer Afrikaners beskik nie oor hoofmanne of konings nie, dan sou dit maklik gewees het om gereeld met hulle te vergader en aan hul versoeke te voldoen.” Hierop het ek geantwoord dat die oënskynlike probleem van hoe

Lees verder: ‘n Stamowerheid vir Afrikaners?

Welvaartskepping

Die ander dag skryf Bill Bonner van die dailyreckoning.com dat Amerika besig is om al hulle vervaardigingstede te verloor en dat die algemene Amerikaner homself in die dienstebedryf bevind. Hy sê verder dat jy nie welvaart kan skep deur dienste nie. As jy my hare sny vir R50, en ek sny jou gras vir R50

Lees verder: Welvaartskepping

Blair voer oorlog glo vir sy eie sak

Tony Blair, eertydse Britse premier, is twee jaar lank al in ‘n stryd gewikkel om sy geheime olie-ooreenkoms ‘n geheim te probeer hou. Blair het ‘n uiters lukratiewe sake-ooreenkoms met ‘n multinasionale oliereus gesluit met uitgebreide belange in Irak. Die voormalige Arbeidersregeringleier het probeer om sy ooreenkoms met die UI Energy Corporation van Suid-Korea, waarmee

Lees verder: Blair voer oorlog glo vir sy eie sak

Koos kla oor Engels by hospitaal

Koos van der Merwe, IVP-hoofsweep, meen sy taalregte word ontken. Hy weier om by die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria-Oos opgeneem te word omdat die hospitaal se opnamevorms net in Engels beskikbaar is. “Ek het ’n Afrikaanse vorm geëis, maar hulle het gesê hulle kan my slegs opneem as ek die Engelse een onderteken,” het hy

Lees verder: Koos kla oor Engels by hospitaal

Plekname as katalisator vir polarisasie

Op die oomblik dra Media 24 ‘n insiggewende rubriek van prof. Amanda Gouws oor die verwoestende uitwerking van haatspraak om polarisasie aan die hand te werk, en selfs in gevalle tot volksmoord gelei het. Die rubriek sluit selfs statistiese data in. Suid-Afrika self het al by herhaling ervaar hoe haatspraak polarisasie skerp opjaag, wat in

Lees verder: Plekname as katalisator vir polarisasie

Oproerige skoolkinders maak amok buite landdroshof

Oproerige skoolkinders het die vensters van ‘n Galitos-restaurant naby die Protea-landroshof in Soweto gebreek. Omtrent 50 studente het by die restaurant probeer instorm, maar die eienaar het vinnig genoeg gereageer, die deure gesluit en die oproerige jongmense uit dié populêre restaurant gehou. “Die studente het die vensters gebreek en gevra: ‘Wat’s vir middagete?’,” het, Dimpho

Lees verder: Oproerige skoolkinders maak amok buite landdroshof

Totale wanorde heers in SAPD

‘n Verslag van die polisie se nasionale inspektoraat wat van April tot Desember 2009 strek, is onlangs op versoek van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie vrygestel. Uit die verslag blyk die algehele verval van die toesig en beheer wat by 733 van die land se 1 116 polisiestasies aan die orde van die dag is.

Lees verder: Totale wanorde heers in SAPD

‘n Geestesongesteldheid?

Dit is sekerlik so dat mense se eie selfbeskermingsmeganismes inskop en hul gedagtes en woorde begin lei, sodra hul begin vinger wys, maar drie vingers wys terug na hulself. Daarom verstaan ek die weerstand van sommige, teen die uitwys van die drievingerwysing na ons eie volk. As almal egter eerlik is met hulself, sal hul

Lees verder: ‘n Geestesongesteldheid?