Oproerige skoolkinders maak amok buite landdroshof

Oproerige skoolkinders het die vensters van ‘n Galitos-restaurant naby die Protea-landroshof in Soweto gebreek.

Omtrent 50 studente het by die restaurant probeer instorm, maar die eienaar het vinnig genoeg gereageer, die deure gesluit en die oproerige jongmense uit dié populêre restaurant gehou.

“Die studente het die vensters gebreek en gevra: ‘Wat’s vir middagete?’,” het, Dimpho Mokotgo, ‘n werknemer, gesê.

Die restaurant was Donderdag gesluit vir middagete.

Gebreekte vensters getuig van die studente se poging om die gebou te plunder.

Polisiebeamptes en verslaggewers het vroeg Donderdagoggend vir die tweede dag van die Survivor-man, Molemo Maarohanye en sy vriend se borgtog-verhoor buite die Protea-landdroshof in Soweto saamgedrom.

Die hekke na die hof-terrein is vroegoggend reeds gesluit en slegs polisievoertuie en dié van verslaggewers was binne toegelaat.

Die twee beskuldigdes is hip hop-musikant, Jub Jub en Themba Tshabalala. Talle polisiebeamptes moes die terrein monitor om die situasie onder beheer te hou.

Die skare, insluitend hoërskoolleerlinge het Woensdag met stokke, boomtakke en ANC-vlae buite die hof betoog en gewaarsku dat hulle Jub Jub sal “verwoes” indien hy borgtog toegestaan word.

Hulle het Donderdag weer gewapen by die hof opgedaag.

“Indien die polisie die studente aanval, sal ons met bakstene en klippe gewapen en gereed wees,” het Kenneth Mbatha van Congress of SA Students (Cosas) gesê.

’n Graad 10-leerling is vroeër deur ’n vragmotor doodgery toe hy na die landdroshof op pad was om te betoog, het die Gautengse departement van onderwys gesê.

Charles Phahlane, die woordvoerder van die departement, het gesê die voorval het Woensdag plaasgevind.

Die leerlinge het glo pas die Thutolore-Sekondêre Hoërskool verlaat toe die voorval plaasgevind het.

“Hulle was glo na die hof op pad om teen die mede-beskuldigdes, Jub Jub en Themba Tshabalala se borgaansoek te betoog,” het Phahlane aan Sapa gesê.

“Die leerling het na bewering op die vragmotor gespring, maar gegly en geval.” Die seun was ‘n leerling aan die Hoërskool Anker in Meadowlands.

“Die departement is bewus van die situasie waar sommige leerlinge aan die betoging buite die hof deelneem en ons is besig om dit te hanteer.”

Jub Jub en sy vriend staar vier aanklagtes van moord in die gesig nadat hulle glo verlede week vier kinders gedurende ‘n jaagtog doodgery het.

Intussen beplan Jub Jub om onskuldig te pleit op vier aanklagte van moord.

“Die Almagtige Here kyk nou na my. Ek voel nie goed nie,” het ’n huilende Maarohanye gesê.

“Ek het nooit ‘n misdaad gepleeg nie. Ek het dit nie bedoel nie.”

Hy het sy gevoel van medelye teenoor die families van die vier kinders wat op 8 Maart gesterf het, uitgespreek.

Jub Jub, wat baie sag gepraat het, het gesê hy kan nie sê of hy borgtog kan bekostig nie.

“Ek sal enigiets doen om my lewe terug te kry,” het hy gesê.

“Ek was nie onder die invloed van enige drank of dwelms nie en ek was nie besig om ‘n straatresies te jaag nie,” het hy verder gesê.

кардиганыФильчаков прокурор отзывы