Die ANC in Gauteng se pogings om Cyril Ramaphosa vir leierskap van die ANC aan te wys, is voortydig, het die ANC Jeugliga op ‘n nuuskonferensie gesê. Die ANC-voorsitter in Gauteng, Paul Mashatile, het vroeër openlik sy steun aan Ramaphosa toegesê om die ANC-leier en president van die land te word. Dié haastige stap kom
Indiër wat vrou doodsteek probeer selfmoord pleeg
‘n Indiër wat na bewering ‘n vrou in Bryanston noord van Johannesburg met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het, is onder polisie-bewaking in die hospitaal. Die Randburg Landdroshof het gehoor dat Yengesen Pillay probeer het om sy eie lewe te neem. Hy is Dinsdag in Pietermaritzburg in hegtenis geneem, nadat hy vir drie dae van die
Lees verder: Indiër wat vrou doodsteek probeer selfmoord pleeg
Vliegongeluk skep ‘n probleem vir pro-BRICS Brasilië
Brasilië se presidensiële verkiesing wat in Oktober plaasvind, sou vir die huidige president Dilma Rousseff ‘n maklike oefening gewees het, totdat ‘n vliegongeluk Rousseff se lustelose teenstander, ekonoom en voormalige goewerneur van Pernambuco, Eduardo Campos se dood veroorsaak het. Op 13 Augustus is berig dat die vliegtuig met Campos, ‘n Brasiliaanse presidensiële kandidaat in die
Lees verder: Vliegongeluk skep ‘n probleem vir pro-BRICS Brasilië
Gevaarligte flikker vir Suid-Afrikaanse banke weens politiek
Soos ons almal weet, is Suid-Afrika se groot vier banke, Standard, ENB, Absa en Nedbank, twee weke gelede deur Moody, die groot Amerikaanse kriedetgradeerder, afgegradeer. In vandag se Business Day verskyn ‘n artikel deur die redaktrise van dié koerant, Hillary Joffe, waarin sy die “teorie van hulp aan banke” uiteensit. (Terloops, ek en Joffe was
Lees verder: Gevaarligte flikker vir Suid-Afrikaanse banke weens politiek
Toro Rosso stel jongste F1-bestuurder ooit aan!
Die F1-span Toro Rosso wat voorheen die Minardi-span was het so pas aangekondig dat Max Verstappen, die seun van Jos Verstappen wat in 2003 vir Minardi gejaag het, hul nuwe bestuurder vir 2015 sal wees. Verstappen junior is slegs 16 jaar oud en vervang vir Jean-Eric Vergne, die veteraan in 2015. Vergne wat nou eers
Lees verder: Toro Rosso stel jongste F1-bestuurder ooit aan!
Mynbou veroorsaak grootste skudding
Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op nog meer aardbewings. Die Raad vir Geowetenskap van Suid-Afrika het bevestig dat die Orkney-aardbewing op 5 Augustus nou die grootste myn-verwante seismiese gebeurtenis is wat ooit aangeteken is in Suid-Afrika. Dit het aan die lig gekom tydens ‘n seminaar van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oor aardbewings aangebied in Pretoria.
Pakistan op ‘n mespunt
Die gewilde voormalige krieketspeler en nou politikus Imran Khan het vir wydverspreide burgerlike ongehoorsaamheid in Pakistan gevra. Hy het ondersteuners aangemoedig om op te hou om belasting en dienste te betaal in ‘n poging om die regering van die Eerste Minister Nawaz Sharif omver te werp. Die populistiese politikus is vasberade om sy uitdaging
Withuis probeer vasstel of Amerikaner onthoof is
Die Amerikaanse Withuis sê intellegensie dienste probeer vasstel of beeldmateriaal wat na bewering wys hoe ‘n Amerikaanse joernalis deur militante van die Islamitiese Kalifaat (ISIS) onthoof word, geloofwaardig is. Die joernalis in die video is na bewering James Foley. Foley het twee jaar gelede in Sirië vermis geraak nadat hy deur gewapende mans ontvoer is
Lees verder: Withuis probeer vasstel of Amerikaner onthoof is
‘Rassisme’: Franse vrou in absentia gevonnis tot 9 mde tronkstraf en R750 000 boete
Die Franse munisipale kandidaat, Anne-Sophie Leclere, wat ‘n foto van die swart Franse minister van justisie Christiane Taubira tesame met dié van ‘n sjimpansee op haar Facebookblad geplaas het, is in Julie vanjaar tot 9 maande tronkstrof en € 50 000 (R750 000) boete gevonnis (sien praag-berig in Engels). Sy mag vir 5 jaar ook
Lees verder: ‘Rassisme’: Franse vrou in absentia gevonnis tot 9 mde tronkstraf en R750 000 boete
Namibië se ekonomiese vryheidsvegters kry bestand
Namibië se Verkiesingskommissie het die registrasie van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters as ‘n politieke party goedgekeur. Julius Malema se EFF het dus ‘n amptelike susterparty in Namibië. Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters (NEFF) is ‘n “radikale linkse”, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beweging, het die sakeman en politikus Epafras Mukwiilongo vroeër gesê. Mukwiilongo, “bevelvoerder” van die NEFF het
Lees verder: Namibië se ekonomiese vryheidsvegters kry bestand
