Petrolprys effens laer

Die daling van 45 sent per liter vir brandstof, is ‘n welkome aankondiging vir verbruikers. Die vermindering in die kleinhandelsprys van petrol sal net voor Kersfees aan Suid-Afrikaners verligting bring, maar verbruikers se skuldlas bly ‘n probleem. Die daling is te wyte aan laer internasionale oliepryse weens ‘n verhoogde aanbod deur OPUL-lande soos Saoedi-Arabië. Dié lande wil Rusland dwing

Lees verder: Petrolprys effens laer

Swak bouwerk veroorsaak Majuba-krisis

Die ineenstorting van ʼn steenkoolsilo by Eskom se Majuba-kragstasie in Mpumalanga Saterdag, is glo te wyte aan swak bouwerk. Die kragstasie is na 1994 gebou. ‘n Energiekenner, Chris Yelland, het vroeër gesê die slordige bouwerk het tot die kragkrisis gelei. Yelland het gewaarsku dat nog sulke onvoorsiene voorvalle die land in ‘n ernstige krisis kan dompel.

Lees verder: Swak bouwerk veroorsaak Majuba-krisis

Vermeende oorlogsmisdadiger kelder glo SA-satelliet

Die DA gaan die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting inspan om die regering te kry om parlementêre verslae oor Suid-Afrika en Rusland se samewerking met ‘n satelliet vry te stel. DA-LP David Maynier, wat probeer om inligting oor die satelliet te bekom, het die aansoek aan die voorsitter van die parlement se geheime gesamentlike staande komitee

Lees verder: Vermeende oorlogsmisdadiger kelder glo SA-satelliet

Modder vir Steve ontaard in Boerehaatorgie

Die buikspreker Conrad Koch het in sy angsvallige pogings om Steve Hofmeyr in die openbaar te verkleineer, gesê dat Afrikanervroue en -kinders eintlik verdien het om in die Anglo-Boereoorlog deur die Britte uitgemoor te word. Dit volg op ‘n boek deur ‘n akademikus van die Universiteit van Kaapstad, Elizabeth van Heyningen wat beweer die Boerevroue

Lees verder: Modder vir Steve ontaard in Boerehaatorgie

SA wag steeds vir kerkramp-oorskot

Suid-Afrikaners wag steeds dat die liggame van diegene wat in die kerkgebouramp in Lagos in Nigerië dood is, na Suid-Afrika teruggebring word. Daar het glo 85 Suid-Afrikaners omgekom in die ramp by die Synagogue Church of All Nations toe ‘n multi-verdieping gastehuis verbonde aan die kerk, van die Nigeriese prediker TB Joshua, ineengestort het in Lagos op 12

Lees verder: SA wag steeds vir kerkramp-oorskot

Ekonoom waarsku dat beurtkrag ekonomie kan knou

Die ekonoom Mike Schüssler sê die huidige ronde van beurtkrag sal ‘n ernstige uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê. Eskom het aangekondig dat beurtkrag regdeur die land hierdie week sal geld. Dié stap is geneem nadat ‘n silo wat tonne steenkool bevat, gekraak het en voorrade aan al ses eenhede van die Majuba-kragstasie in Mpumalanga geraak is.

Lees verder: Ekonoom waarsku dat beurtkrag ekonomie kan knou

Taakspan sal glo onderwyspos-bedrog oopvlek

Die Departement van Basiese Onderwys het bekend gemaak dat ‘n taakspan begin het om die beweerde verkoop van onderwysposte te ondersoek. ‘n Woordvoerder van die Departement, Elijah Mhlanga, sê verskeie onderhoude is reeds gevoer, het RSG berig. Minister Angie Motshekga het die span op die been gebring na talle gerugte dat amptenare, insluitende van vakbonde,

Lees verder: Taakspan sal glo onderwyspos-bedrog oopvlek

Doodsdreigemente en laster teen Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr het verlede week, voor sy optrede Saterdag by Afriforum se gratis musiekfees by die Voortrekkermonument, teenoor praag vermeld dat hy tans ‘n ongekende aantal doodsdreigemente ontvang. Vanoggend berig die media dat daar Saterdag spesiale veiligheidsmaatreëls vir die sanger en Afrikaanse aktivis getref is. Die Johannesburgse dagblad Beeld, wat vroeër met ‘n veldtog teen

Lees verder: Doodsdreigemente en laster teen Steve Hofmeyr

Vrese dat hospitale, lughawens sonder krag sit

Suid-Afrikaners staal hulself vir landwye kragonderbrekings. Die uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het egter vrese oor beurtkrag by lughawens en hospitale probeer besweer. Hy het gesê sulke sleutelinstellings sal nie by die kragvoorsiener se voorgestelde beurtkragskedule ingesluit word nie. Matona het die media by die Eskomhoofkantoor in Megawattpark in Johannesburg toegespreek om verbruikers te maan dat beurtkrag vir minstens nog ‘n

Lees verder: Vrese dat hospitale, lughawens sonder krag sit

WGO-liggaam wil ebola-entstowwe vir SA bespoedig

Die organisasie African Vaccine Regulatory Forum (AVAREF) het in Pretoria vergader in ‘n poging om wyses te bespreek waarop entstowwe asook die behandeling vir die ebolavirus so gou moontlik deur Suid-Afrikaanse owerhede goedgekeur kan word. Die eerste twee dae van die vergadering sal gewy word aan die nood wat die ebola-virussiekte (EVD) veroorsaak en die potensiële behandeling

Lees verder: WGO-liggaam wil ebola-entstowwe vir SA bespoedig