Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, het in ‘n televisieonderhoud Nelson Mandela se versoeningsbeleid gekritiseer, en het die oudpresident daarvan beskuldig dat hy “te veel van ‘n heilige is.” Die Sunday Independent berig die omstrede staatshoof het dié uitlatings met die televisie-aanbieder Dali Tambo gedeel. “Mandela het ‘n bietjie te ver gegaan om goed te wees
Baas en slagoffer – ‘n kanttekening by Gustav Venter se ‘Ploegskaarbreker’
Gustav Venter het vandag weer ‘n meesterlike rubriek, Afrikaner: Ploegbreker en Jannie Martelgat geskryf, waarin hy dit het teen die “Jannie-Martelgat-Afrikaner” wat net kla oor omstandighede en niks doen nie. Hierteenoor is daar die “Ploegbrekers” wat eenvoudig hardnekkig aanhou en hulle nie laat onderkry nie. Vir Gustav is die Ploegbreker-Afrikaner met sy diep ondergrondse wortels
Lees verder: Baas en slagoffer – ‘n kanttekening by Gustav Venter se ‘Ploegskaarbreker’
Stellenbosch: Verraad teen wittes en Afrikaans
Dit is ‘n Bybelse waarheid dat wanneer verraad gepleeg word, die haan drie keer kraai. Ek het op 7 (Wit Afikaanse Stellenbosch in sy swernoot) en 23 deser (Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch) op Praag geskryf oor die raadsbesluit van 29 April waarvolgens die Universiteit Stellenbosch (US) by sy eeuwording in 2018 nie meer hoofsaaklik
Afrikaner: Ploegbreker en Jannie Martelgat
Ontmoet Retina Zeyheri, veldplant. Nie ‘n asemrowende blom nie – so ‘n dieporanje kloktrossie wat ondertoe hang soos die lelle onder ‘n kaalnekhoenderhen se kinnebak. Die stam is bros en besaai met wit dons. Die blare is groot, tabakplantagtig. Alles inaggenome lyk dit nie na ‘n baie intimiderende plant nie. En tog, hier waar ek
Vyfde nag van onluste in Swede
Swart jeugonluste in die Sweedse hoofstad Stockholm het die vyfde agtereenvolgende nag gewoed. Honderde immigrantetieners het deur die voorstede getrek, vensters gebreek en motors gebrand in die land se ergste uitbraak van geweld die jaar. Ten minste ses voertuie is aan die brand gesteek in die stad laat Donderdag, terwyl die polisie versterkings van ander
“Ons wil gelyk wees en nie kleurling nie’
Khoi-en San-mense wil nie as “kleurlinge” bekendstaan nie en wil hê die regering moet die gebruik van die woord met verwysing na hulle verbied. By ‘n Khoi-San-indaba aangebied deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming in Hilton naby Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal gister, het Khoi-San-leier Raymond Trollip gesê sy mense het baie verloor onder kolonialisme
ANC-moordkomplot se beskuldigdes weer in hof
Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ‘n komplot om ANC-leiers te vermoor, sal Vrydag weer in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die saak is op 25 Maart uitgestel, ná die nasionale vervolgingsgesag gevra het vir meer tyd om die saak te ondersoek. Hein Boonzaaier, Martin Keevy, Johan Prinsloo en Mark Trollip
Boere in aanhouding weens stroper se beserings
Drie boere is op aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vermeende renosterstroper gevang het. Beeld berig die drie boere – PP Maré, Chris Naudé en Johannes van Zyl – word by die polisieselle op Gravelotte, Limpopo, aangehou. Hul prokureur, Aldo Rech, het aan die koerant gesê die boere het vroeër
Mesmoordenaar vra vergifnis
‘n Man van Kaapstad het om vergifnis gevra nadat hy erken het dat hy ‘n vrou vermoor het, het die Cape Times Donderdag berig. Mogamat Armien Salie (31) het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn vir die moord op die 33-jarige Anzunette de Plessis in Oktober, het die koerant berig. Sy het hom glo ingelaat
Londenaanval ‘onbegryplik’
Die wrede moord op ‘n man wat glo ‘n Britse soldaat was op ‘n straat in Londen is Donderdag hier deur die media as “onbegryplik” beskryf. Die aanval het helder oordag, sowat 200 m van weermagbarakke, in die suide van Londen gebeur. Twee mans het volgens ooggetuies in ‘n straat in Woolwich die slagoffer met
