Goldman Sachs en Morgan Stanley, die twee grootste beleggingsbanke op Wallstraat, wil hulleself transformeer na bankbeheermaatskappye wat onderworpe sal wees aan groter regulering. Dit word beskou as 'n duidelike erkenning dat die model waarop hulle sake voorheen geskoei was nou te riskant geraak het.

Die verwagte afdanking van Thabo Mbeki deur die Zuma-faksie het gister plaasgevind. Ná die hofuitspraak in Zuma se guns deur regter Chris Nicholson het Jacob Zuma na sy mededinger op Zoeloe as 'n "dooie slang" verwys.