Tsvangirai is uitoorl

MDC-leier Morgan Tsvangirai het nie ver gekom met sy eise wat hy oorspronklik gestel het nie. Op papier lyk die ooreenkoms nie te sleg nie omdat Tsvangirai 'n stem gegee word in die nuutgevormde Nasionale Veiligheidsraad wat die gevreesde Gesamentlike Operasiebevel, oftewel die Joint Operations Command, vervang het.
 
Terwyl Tsvangirai aanvanklik die reg geëis het om die Kabinet te lei, het die ooreenkoms hom die pos van adjunk-voorsitter gegee. Hy wou ook die meerderheid ministeries beheer, maar Zanu-PF het 15 Kabinetsposte, Tsvangirai se faksie net 13 en Arthur Mutambara se splinterfaksie 3.

Mugabe se toegewing was dat hy vir die meeste van sy pligte voortaan sal werk met die advies van die Kabinet of Tsvangirai. Maar die feit bly dat hy hom nie hoef te steur aan hulle raad nie.

Mugabe bly die voorsitter van  die Nasionale Veiligheidsraad, het nog steeds volle beheer oor die weermag en behou die reg om vonnisse en opgeskorte vonnisse te verander of op te hef. Die reg van die media om vryelik te berig oor die toestand in die land is nie deur die ooreenkoms gedek nie en bly onveranderd en onderworpe aan die staat se voorkeure.

Hy mag ook die Parlement ontbind as hy daarna voel. Die enigste voorwaarde is "konsultasie" met die Eerste Minister. Tsvangirai het ook, behalwe dat hy 'n enorme werkslas op homself geneem het met 'n bankrot en korrupte staat wat bestuur moet word, die voortgesette mislukking daarvan as verantwoordelikheid aanvaar.

Tsvangirai het hierdie week aangedui dat hy nie ten gunste van die teruggee van grond aan wit boere is nie. Dit sal ongelukkigheid veroorsaak by die 400 000 sogenaamde veterane en hulle gesinne wat die wit grond oorgeneem het.

Al mylpaal wat die voormalige opposisieleier bereik het is blykbaar die grootskaalse inbring van vroueregte. Hulle het gelyke reg tot grondbesit en verteenwoordiging in die Kabinet. Of dit die lot van mense in Zimbabwe hoegenaamd gaan verander, is egter nie seker nie.

детские палаткиалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae