Beleggingsbanke slaan nuwe koers in

Goldman Sachs en Morgan Stanley, die twee grootste beleggingsbanke op Wallstraat, wil hulleself transformeer na bankbeheermaatskappye wat onderworpe sal wees aan groter regulering. Dit word beskou as 'n duidelike erkenning dat die model waarop hulle sake voorheen geskoei was nou te riskant geraak het.

Bankdepositos het tot dusver die groot kommersiële banke soos Bank of America en JP Morgan Chase van ondergang gered. Dit besluit van die twee kondig 'n nuwe rigting aan waar sewe-syfer bonusse en ongehoorde voordele selfs vir midvlakbestuur algemeen was.

In wese verteenwoordig dit 'n terugkeer na die wyse waarop Wallstraat gestruktureer was voordat die Kongres gedurende die Groot Depressie beleggingsbanke en kommersiële banke se bedrywighede van mekaar geskei het met 'n wet bekend as die Glass-Steagall-wet. Die beleggingsbanke se risikoaptyt is aansienlik verminder omdat beleggers hulle vertroue in dié instellings verloor het.

Die stap sal beleggingsbanke nou in staat stel om ook toegang te hê tot die Federale Resewe se uitleenfasiliteite. Morgan en Goldman sal ook sodoende afslag kan bekom op lenings van die sentrale bank. Die nuwe koers sal 'n paar maande neem om behoorlik op dreef te kom met allerlei aanpassings wat die instellings asook die reguleerders sal moet maak.

pour chattopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae