ANC gaan vandag waarnemende president benoem

Die ANC gaan vandag die land se tussentydse leier (of leidster) benoem wat by Thabo Mbeki die presidentskap sal oorneem. Mbeki het

Image

Baleka Mbete

gisteraand tydens 'n televisie-uitsending sy bereidheid om te bedank verklaar.

Die ANC het Mbeki gevra om te bedank, agt dae nadat regter Chris Nicholson die korrupsiesaak teen Jacob Zuma uitgesmyt het en gesuggereer het dat daar hoëvlakinmenging in die saak was.

Die politieke krisis mag beleggers beïnvloed. Die rand het oornag in elektroniese verhandeling verswak en is tans 1,66% laer op R8,04.

Mbeki, wat in 1999 by Nelson Mandela oorgeneem het, het gesê dat hy 'n lojale ANC-lid bly en het die party se besluit gerespekteer, maar het herhaal dat hy nie die vervoling van sy aartsmededinger, Zuma, beïnvloed het nie.

Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa het in tydens 'n televisiedebat Sondag gesê dat die party beplan om vandag 'n waarnemende president te benoem.

Die parlementêre speaker Baleka Mbete sal na verwagting die pos aangebied word. Zuma, wat geen regeringspos beklee nie, sal waarskynlik nie so 'n tussentydse rol inneem nie maar sal feitlik seker staatshoof ná die verkiesings in 2009 word.

Phosa het gesê dat die ANC die huidige kabinet wil behou, ten einde die kommer van beleggers wat meen dat die vertrek van ervare, pro-Mbeki-ministers die land in 'n bestuurskrisis kan dompel.

"Ons wil hê dat die kabinet moet aanbly. Ons sal baie gelukkig wees as hulle bly en ons dinge saam doen," het Phosa gesê.

Die parlementêre koukus van die ANC sal vanmore om 9:00 in Kaapstad vergader terwyl Zuma teen 12:00 'n perskonferensie sal hou.

mobile casinos noФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae