Rassisme is “volop” onder Amerikaanse kiesers

Image

Barack Obama

'n Derde van blanke Demokratiese kiesers in die VSA meen swartmense is onproduktief en geneig tot geweld, volgens 'n studie wat in die VSA gepubliseer is.

Die diepgewortelde rassisme van die AP-Yahoo-opname beklemtoon die probleme wat Barack Obama, die party se presidentskandidaat, gaan ondervind om genoeg stemme in sy eie party te trek.

Die opname het bevind dat veertig persent van alle blanke kiesers ten minste sekere bevooroordeelde sienings jeens swart Amerikaners koester.

Meer as 'n derde van alle blanke Demokrate en onafhanklikes – "besluitelose" kiesers wat die sleutel tot die volgende verkiesing mag verteenwoordig – het met ten minste een negatiewe beskrywing saamgestem.

Meer as 'n kwart van blanke Demokrate het saamgestem dat "indien swartes net harder sou probeer, kon hulle net so ryk soos blankes wees".

Onder onafhanklike kiesers was daar selfs meer vooroordeel. 'n Kwart van die besluitelose kiesers het byvoorbeeld gesê dat swartes "gewelddadig" is en 'n derde het hulle as "klakouse" beskryf.

Die meningsopname deur die universiteit van Kalifornië is aanlyn uitgevoer. Studies het getoon dat mense eerliker is as hulle vrae op 'n rekenaar beantwoord as wanneer hulle van aangesig tot aangesig met 'n navorser verkeer.

костюмы для мальчиков в детский сад купитьФильчаков