Portugal is die eerste Europese land wat deur Renault en Nissan van elektreise karre voorsien gaan word, nadat 'n ooreenkoms geteken is om 'n netwerk vir 'n zero-uitlaatgasvoertuie binne drie jaar in plek te kry.
Cholerapasi?nt sterf in Durbanse hospitaal
15:24:55 'n Man wat met cholera onder lede opgeneem is in 'n Durbanse hospitaal, is oorlede, het die woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid, Leon Mbangwa, Sondag gesê.
Keniaanse eerste minister soek AU-vredesmag in Zimbabwe
15:13:24 Kenia se eerste minister, Raila Odinga, het Sondag gevra dat AU-vredesmagte in Zimbabwe geplaas word om president Robert Mugabe weer in die bek te ruk.
Lees verder: Keniaanse eerste minister soek AU-vredesmag in Zimbabwe
ANC-ondersteuners onderbreek Volkskongresvergadering in Alexandra
Lede van die Volkskongres het gesê hulle vergadering is Sondag deur ANC-ondersteuners in Alexandra onderbreek, het die SAUK berig.
Lees verder: ANC-ondersteuners onderbreek Volkskongresvergadering in Alexandra
Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos
Sedert die einde van die koue oorlog, is die Amerikaanse kernwapenprogram erg verwaarloos. Die kernplofkoppe is oud en daar is geen nuwes ontwerp sedert 1980 nie. Die laaste keer wat so 'n plofkop getoets is, was in 1992, toe die Amerikaners toetse eensydig gestaak het. Generaal Chilton wat in beheer van die Amerikaanse strategiese bevel staan, het beswaar gemaak, tesame met die minister van verdediging, Robert Gates. Tot nou toe lyk dit of min mense hulle aan die twee steur.
Die einde van Pakistan?
'n Herskepte kaart van Suid-Oos Asië doen nou die rondte in Pakistan. Dit wys die land as 'n lang, maer stukkie grond met 'n groter Indië aan die oosgrens en 'n vergrootte Afghanistan aan die westekant.
Iris-prostese gee kleur aan seun se lewe
'n Seun van Ohio het nou al begin om kleur meer duidelik te sien nadat hy 'n prostetiese iris ontvang het.
Oud-president Carter mag nie na Zim reis
President Robert Mugabe van Zimbabwe, wat op 84 jaar steeds aan mag vashou na 28 jaar se regering, het 'n ander oud-president, Jimmy Carter, ook 84, verhoed om dié land binne te kom.
Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel
Kaïro het volgens amptenare gesprekke met Berlyn aangeknoop met die doel om vir die Egiptiese vloot 'n paar Dolphin-klas duikbote, wat gereken word as een van die beste dieselaangedrewe duikbote in die wêreld, aan te koop.
Lees verder: Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel
Meksiko arresteer sy Interpolhoof
Meksiko het verlede week sy hoof van Interpol gearresteer omdat hy klaarblyklik saam met 'n groot dwelmsindikaat gewerk het. Daarna is die weermag ingestuur om die polisiediens oor te neem in Tijuana as die volgende stap om korrupte geregsdienaars uit te snuffel.
