Meksiko arresteer sy Interpolhoof

Meksiko het verlede week sy hoof van Interpol gearresteer omdat hy klaarblyklik saam met 'n groot dwelmsindikaat gewerk het. Daarna is die weermag ingestuur om die polisiediens oor te neem in Tijuana as die volgende stap om korrupte geregsdienaars uit te snuffel.

Ricardo Gutierrez was Meksiko se verteenwoordiger by Interpol, die wêreld se grootste internasionale polisiemag, en die mees onlangse toppolisieman wat toegesluit is omdat hy verdink word dat hy saam met dwelmsmouse werk.

In Oktober is twee vooraanstaande agente tronk toe gestuur omdat hulle omkoopgeld van tot $450 000 per maand gekry het van die Beltran Levya-sindikaat om intelligensie omtrent polisieaksies aan die groep te verskaf.

Die Beltran Leyva broers het onlangs van die Sinaloadwelmkartel weggebreek. Dié kartel wat deur Meksiko se mees gesoekte man, Joaquin "Shorty" Guzman beheer word, het ook omkoopgeld aan Guiterrez betaal, het staatsaanklaers gesê.

Wydverspreide korrupsie onder Meksiko se swakbetaalde polisie ondermyn president Felipe Calderon se pogings om met die hulp van die weermag oorlog te verklaar teen dwelmbendes, wat die jaar reeds meer as 4 300 lewens geneem het.

Korrupsie onder die polisie het Calderon gedwing om na die weermag, wat as minder korrup beskou word, te kyk in die stryd teen die gewelddadige kartels toe hy in 2006 die presidentskap oorgeneem het.

Soldate het 500 plaaslike polisielede verwyder en wetstoepassing oorgeneem in die gewelddadige stad, Tijuana, op die grens tussen Meksiko en Amerika.

In Tijuana is die endemiese polisiewerk so sleg, dat sommige polisiebeamptes openlik as moordenaars vir die dwelmbendes werk.

Weermaghoofde het 'n kwart van die munisipale polisiemag se mense geskors en soldate en vlootoffisiere het begin om van die stad se gevaarlikste gebiede te patrolleer, het die weermag gesê.     

детский игры для девочекДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae