Toepaslike name

Seker die mees toepaslike naam wat Herrie in ‘n lang tyd vir iemand gesien het, is die van die burgemeester van Delhi waar die Statebondspele binnekort moet plaasvind. En sake haper nog erg. Die burgemeester, mnr. Dikshit, sê die Statebond hoef nie te komkommer nie. Hulle kan maar net kom. Alles sal reg wees en

Lees verder: Toepaslike name

Afrikaners het stede nodig

Hoewel ek Orania ’n interessante eksperiment in ekonomiese en kulturele ontwikkeling vind, verskil ek met Jaco Kleynhans dat Afrikaners die stede moet agterlaat. Ons moet juis Pretoria en Johannesburg van die vreemdeling herower! Albei stede beskik oor triljoene rande se infrastruktuur wat ons op ’n skinkbord aan Nigeriërs, Kongolese, Zimbabwiërs en ander nie-burgers oorhandig het.

Lees verder: Afrikaners het stede nodig

Sasco se dreigende beheer by UP

“Dit is kommerwekkend dat SASCO vir die eerste keer by die Universiteit van Pretoria ’n meerderheid setels in die Studenteparlement het. Die hoeveelheid setels wat ’n organisasie in die Studenteparlement het, bepaal wie in beheer is en nie die hoeveelheid stemme wat ’n organisasie gekry het nie,” het Wouter Wessels, VF Plus Jeugwoordvoerder gesê. Tydens

Lees verder: Sasco se dreigende beheer by UP

AARTO en Spoedboetes

Dit was T..E. Lawrence, die een van Arabië, wat gesê het:  ‘’Snelheid is die tweede manlike instink”. Tussen hakies: Hy is self in ‘n motorfietsongeluk dood. Die hormoon wat deur hierdie instink teweeggebring word is adrenalien, oftewel die bynierhormoon. Na testosteroon volgens Lawrence dus die belangrikste manlike hormoon. Ons weet reeds dat die globale politiek

Lees verder: AARTO en Spoedboetes

Stem dik gemaak oor persvryheid in SA

Pas het nog ‘n invloedryke internasionale persvryheidsorganisasie, die Parys-gevestigde Verslaggewers sonder Grense, sy stem dik gemaak oor die ANC se mediaplanne. Verslaggewers sonder Grense is veral bekend vir die internasionale persvryheidsindeks wat dit jaarliks opstel, maar dit monitor allerlei aksies teen die media, wat die lugweë en internet insluit. Dit hou ook data by oor

Lees verder: Stem dik gemaak oor persvryheid in SA

Absa en regstellende eksekuteurs

VIR al daai duisende Absa-kliënte wat nou hulle rekenings wil weg skuif van die bank oor die “regstellende sms” wil ek ʼn verdere wenk gee: moenie van julle testamente vergeet nie. Honderde duisende kliente van Absa, indien nie miljoene nie, het ʼn testament onderteken wat Absa (ook enige van hul voorgangers Volkskas, Trustbank, Allied en

Lees verder: Absa en regstellende eksekuteurs

Statebondspele verder in chaos gedompel

Die statebondspele in Indië is in verdere chaos gedompel nadat die dak van die gewigoptel-arena ineengestort het, berig Sky News. Nadat twee Taiwanse toeriste vroeër buite ‘n moskee in Delhi geskiet is, het vrees vir die atlete se veiligheid begin oplaai. Ongeveer 30 mense is beseer toe ‘n voetbrug buite die Jawaharlal Nehru-stadion, waar die

Lees verder: Statebondspele verder in chaos gedompel

Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en verskeie ander instellings insluit, het vandag in ʼn ope brief aan ABSA ʼn ultimatum gestel dat die vakbond sy rekeninge by die bank gaan sluit en sy lede gaan aanmoedig om dieselfde te doen indien Absa nie om verskoning vra en onderneem om nie weer op

Lees verder: Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Belastingmelkkoeie gedoem deur NHI

Een van die grootste mites wat vir soetkoek opgevreet word, is dat blankes in Suid-Afrika kwansuis so ryk en welvarend is. Dis eenvoudig nie waar nie. Die groot gros blanke huishoudings se inkomste lyk in internasionale terme maar power. In die VSA is die amptelike armoede-vlak sowat $20,000 vir ‘n gesin van vier. ‘n Inkomste

Lees verder: Belastingmelkkoeie gedoem deur NHI