Daardie $20,000 per jaar is uiteraard hopeloos te min om in die VSA te oorleef, ‘n land wie se kospryse dikwels laer as Suid-Afrika s’n is, en die New York Times reken dat selfs dubbel daardie inkomste, $40,000 jaarliks, steeds beteken mense geldelik sukkel. Volgens die kennelik verouderde syfers van Statistiek SA is die oorweldigende meerderheid blanke huishoudings in Suid-Afrika se inkomste minder as $40,000 (R300,000) per jaar. Blanke huishoudings is kortom oorwegend arm, vergeleke met Westerse lande se huishoudings.
Die ANC is op ‘n punt waar hy besig is om die laaste potensiële bronne van plundery uit te put. Die staatskas en privaatsektor is bykans leeggetap mbv onder andere die gewettigde, rassistiese vorm van korrupsie bekend as Swart Ekonomiese Bemagtiging. Dit is juis waarom Julius Malema begin kyk na die myne as die tweede laaste teiken vir plundery. Die laaste teiken is uiteraard jy en ek, die blanke belastingmelkkoeie. Die voertuig waarmee die laaste fase van plundery gaan geskied, staan bekend as die ANC-kakistokrasie se National Health Insurance of NHI.
Dit is ‘n geklike skema, ingevolge waarvan byvoorbeeld vigslyers na bewering hoë vlakke van mediese sorg sou ontvang, vir die rekening van die belastingmelkkoei. Natuurlik sal dit nie gebeur nie; die geld wat vir die NHI ingevorder word, sal bloot verduister word om nog goue toilette en Johnny Walker Blue Label vir vetkat-kaders te koop. Die vigslyers sal steeds krepeer in hospitale waarin die “wêkkas” oor dooie babas heen toyi-toyi.
Daar is ekonome wat skat dat die NHI minstens R240 miljard per jaar gaan kos. Deel 240 miljard deur ‘n poel van slegs 5 miljoen belastingbetalers en 12 maande, en jy kom uit by die skrikwekkende syfer van R4000 per belastingbetaler per maand. Jy en ek en ‘n iedere en elke ander belastingbetaler sal minstens elkeen R4000 per maand aan addisionele belasting moet opdok. Omdat belastingkoerse egter met inkomste styg, gaan selfs diegene op ‘n matige salaris – diegene hierbo genoem wat R300,000 per jaar verdien en aan Amerikaanse standaarde gemeet geldelik sukkel, meer as R4000 per maand aan ekstra belasting, bo en behalwe jou huidige belasting, moet opdok.
Hoe gaan jou huishoudelike begroting lyk as jy skielik iets soos R6000 of R8000 per maand minder huistoe neem? Vir iemand wat R300,000 per jaar verdien, is soveel addisionele belasting ‘n skrikwekkende daling van minstens een-derde in die geld wat jy uitkry.
