Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en verskeie ander instellings insluit, het vandag in ʼn ope brief aan ABSA ʼn ultimatum gestel dat die vakbond sy rekeninge by die bank gaan sluit en sy lede gaan aanmoedig om dieselfde te doen indien Absa nie om verskoning vra en onderneem om nie weer op politieke vlak by sport in te meng nie.

Dit volg op ʼn SMS wat deur AfriForum bekend gemaak is waarin Absa se adjunk uitvoerende hoof, Louis von Zeuner, by Oregan Hoskins van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) kla oor die min swart spelers in die Cheetah-, Lions- en Bulls- rugbyspanne. Die SMS het rugbaar geraak nadat Absa in ʼn vergadering met AfriForum asook in die media ontken het dat hulle druk plaas op Saru oor rasseteikens.

Volgens die ope brief aan die uitvoerende hoof van Absa, Maria Ramos, het sowat 65%, oftewel 100 000, van die lede van die Solidariteit Beweging Absa-rekeninge, met ʼn jaarlikse omset van R18 miljard wat deur Absa vloei. Dit sluit huisverbande en ander rekeninge uit. Benewens die Solidariteit-lede is daar derduisende ondersteuners wat ook aangemoedig sal word om hulle rekeninge te sluit. AfriForum het reeds meer as 30 000 reaksies gekry vandat hy sy veldtog teen Absa afgeskop het.

“Ons is bitter teleurgesteld oor die wanvoorstellings wat aan ons tydens ʼn gesprek met Absa gemaak is. Ons het vandag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende komitee van die Solidariteit Beweging besluit om die veldtog wat deur AfriForum begin is, te eskaleer na die volle Solidariteit Beweging en sy ondersteuners. Benewens die sluit van rekeninge sal ons verskeie ander aksies teen Absa loods,” volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.

“Die reaksie teen Absa is ongekend en die bank behoort behoorlik selfondersoek te doen oor hoekom sy tradisionele magsbasis so aggressief teen hom draai. Die rugbyvoorval is waarskynlik net die uitlaatklep van onderliggende frustrasies teen Absa. Ons het verskeie briewe van mense ontvang waarin hulle oor die gebrek aan Afrikaans in Absa kla,” voeg Buys by.

Solidariteit se uitvoerende hoof, Flip Buys, sê in die skrywe aan Ramos oor die beplande sluit van rekeninge dat “aangesien dit ʼn drastiese stap is, bied ons eers aan Absa die geleentheid om die saak reg te stel deur:

* In die openbaar om verskoning te vra vir die SMS waarin Absa aandring dat die rassesamestelling van Curriebekerspanne moet verander;
* Skriftelik te onderneem dat Absa voortaan nie op politieke vlak sal inmeng in die rassesamestelling van rugby- of ander sportspanne nie; en
* ʼn Proses van oorlegpleging met die Solidariteit Beweging te onderneem, sodat ander knelpunte, soos die posisie van Afrikaans in Absa, bespreek kan word.”

Die Solidariteit Beweging wag nou op ʼn reaksie van ABSA.

купить лего звездные войныАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae