Statebondspele verder in chaos gedompel

Die statebondspele in Indië is in verdere chaos gedompel nadat die dak van die gewigoptel-arena ineengestort het, berig Sky News.

Nadat twee Taiwanse toeriste vroeër buite ‘n moskee in Delhi geskiet is, het vrees vir die atlete se veiligheid begin oplaai.

Ongeveer 30 mense is beseer toe ‘n voetbrug buite die Jawaharlal Nehru-stadion, waar die openingseremonie sal plaasvind, Dinsdag inmekaargeval het.

Skotland se atlete sal nie na Indië reis nie omdat atlete vir hul veiligheid vrees.

Wallis sal teen Donderdagaand laat weet of hulle die Spele ondersteun.

Mike Fennel, hoof van die Statebondspele, het aangekondig dat hy oppad is na Nieu-Delhi vir ‘n noodvergadering om die krisis te bespreek

Baie geboue is nog nie klaar nie, twee strukture het nou reeds ineengestort en die atleetdorp is steeds skokkend vuil en verwaarloos.

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese liggaam, Saskok, het intussen die hulp van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) ingeroep om die veiligheid van Suid-Afrikaanse atlete tydens aanstaande maand se Statebondspele in Nieu-Delhi te verseker.

Patience Shikwambana, die chef de mission van die Suid-Afrikaanse span, het gister gesê die span sal steeds Sondag na Indië reis.

Die Spele begin op 3 Oktober.

The Times of India berig dat slegs 18 van die 34 woonstelblokke in die atlete-dorp voltooi is.

Die hoof van die Statebondspele-federasie, Mike Hooper, het die atlete-dorp op ‘n nuuskonferensie as “vuil” en “onbewoonbaar” beskryf.

Meer as 7 000 atlete en beamptes word vir die Spele verwag.

сауны подАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae