Die Hart van ‘n Hond

Vir al die Afrikanergroepe en mense wat nie wil saamstaan nie, en spesiaal vir diegene wat my nie as ‘n mede-Boer beskou nie. Hoe lank moet ons volk nog hierdie deurmaak?

Die Hart van ‘n Hond

Boksie was van onsekere herkoms, alhoewel dit nie gemaak het dat hy ‘n lelike hond was nie. Hy was groot met ‘n mooi gevormde kop, groot hangore en vriendelike groot bruin oê. Een van sy ouers moes ‘n Boerboel gewees het, die ander moontlik ‘n Labdrador.

Oupa het eendag op pad van die dorp af terug plaas toe, ‘n skoenboks langs die pad sien lê, en net voor hy verby ry, die boks sien beweeg. Hy het gestop, en die boks wat met maskeerband toegeplak was oopgemaak. Opgekrul binne-in, was die ligbruin hondjie, alreeds swak van ontbering en ‘n tekort aan suurstof. Oupa, wat ‘n groot diereliefhebber was, het die hondjie gemasseer, en lug in sy neus geblaas, en met vreugde aanskou hoe die outjie reelmatig begin asemhaal het, en sy oë oopgemaak het.

Hy het die hondjie huistoe geneem, en hy en Ouma het die maer klein dingetjie met groot liefde begin versorg en grootmaak. En die klein maer dingetjie, gedoop Boksie oor waar Oupa hom gekry het het gedy onder hulle versorging en liefde, en ‘n yslike hond geword. Vir hulle was hy soos ‘n kind in die huis.

Hoe ouer Boksie geword het, hoe meer het hy verstommende intelligensie getoon. Maar sy grootste deug was sy absolute liefde en trou aan Oupa en Ouma. Hulle kon hulle nie buite die huis roer nie, of Boksie was op sy pos tussen hulle, net voor hulle, net agter hulle. As hulle dorp toe gegaan het met die bakkie, het hy op die voorstoep gelê, tot hy die bakkie kon hoor aankom, dan het hy na die werfhek gehardloop en daar met groot geblaf gewag dat Ouma moet uitklim om dit oop te maak. En na hy haar gegroet het, het hy sommer stertswaaiend die werf skoongemaak van al die hoenders, ganse en wat ook al net om seker te maak sy Oubaas en Ounooi kan ongehinderd terug in die huis kom.

Met die al hoe groterwordende sekuriteitgevaar, het ons probeer om Oupa te oorreed om die plaas te verkoop, maar hy wou niks weet nie. Die plaas was vir hom en Ouma hulle hele lewe. Ons het hom darem later oortuig om nog ‘n groot hond te kry (Nero was ‘n Rottweiler) en toe te laat dat Boksie in die huis slaap.

Ek was oppad terug Gauteng toe, na ‘n drie dae lange besoek aan ‘n klient in die Noordkaap, toe ek skielik en onverklaarbaar die behoefte voel om vir Oupa en Ouma te gaan verras met ‘n besoek. Dit sou ‘n ompad van honderd kilometer beteken, maar ek kon nie die behoefte ignoreer nie. Ek moes onraad vermoed het toe ek hulle van die afdraai probeer bel het, en nie antwoord kon kry nie.

Toe ek by die werfhek stilhou, sien ek iets is verkeerd. Die hek staan oop, ek sien geen hond nie, en al die deure van die huis staan oop. Die waenhuis het ook oopgestaan en Oupa se bakkie was nie daar nie. Alles hoogs onreelmatig. My nekhare het onmiddelik begin rys. Ek het uit my kar geklim en versigtig na die huis gestap met ‘n yskoue hand wat heeltyd my hart omklem het.. By die hoek van die huis het Nero gelê, doodgeskiet.

By die stoeptrappe het ‘n onbekende jong swartman gelê, met arms aan vlarde, en sy gorrel weggebyt. Van hom af het ‘n breë bloedspoor teen die trappe opgelei, deur die voordeur en na die kombuis toe. Daar het ek hulle gekry. Oupa en Ouma het langs mekaar gelê. Albei se voete, hande en skedels was verbrysel met ‘n bebloede hamer wat langs die tafel gelê het. Bo-op hulle het Boksie gelê, met sy kop styf tussen die oumense se liggame ingedruk. Sy hele agterlyf en ribbekas was met ‘n panga uitmekaar gekap. Sy regterbeen het net aan ‘n sening gehang, en die linkerkant van sy kop het aan ‘n vel oor Ouma se bors gelê.

Dit moes ‘n onmoontlike poging van hom gevat het, om homself teen die stoeptrappe op, deur die voordeur tot by sy geliefde Oubaas en Ounooi te sleep, om tog net saam met hulle die dood in te gaan. Ek lei af Oupa het nog geleef toe Boksie hom by hulle aangesluit het, want sy bebloede en gebreekte hand was op die hond se kop, en hy en Boksie het in mekaar se oë gelê en kyk.

Die wit newels van waansin

Terwyl die Polisie om jou rondskarrel om leidrade te probeer vind, sit jy op die stoep in die son, op ‘n snikhete Desember oggend onder ‘n kombers en ruk. Die simpatieke sersant wat op haar hurke by jou sit het vir jou ‘n koppie walglike soet swarttee gebring.

Dit is asof jy van buite af ‘n grusame riller rolprent aanskou. Die bloed, die liggame, die stilte oor die werf. Jy kom agter dat die voëls nog steeds stil is. Jy probeer kalm bly, maar daar is sulke wit newels wat oor jou redenasie vermoëns spoel. Jy probeer die emosies wat saam met daardie newels kom ontleed, en dan besef jy daar is net een beskrywing – waansin.

Want jy voel waansinnig hartseer en kwaad tegelyk. Jy soek iemand om te beskuldig, en jy wil daardie iemand vermorsel. Jy wil hom laat sterf op die wreedste manier denkbaar. Jy wonder waar was God om toe te laat dat twee sulke wonderlike en gelowige mense so wreed moes sterf, en jy verwyt Hom. “Waar de fok was Jy? Hoekom – hoekom –hoekom?” prewel jy, maar daar is nie antwoorde nie.

Jy kyk weer na die swarte wie se keel deur die honde afgeruk is, en jy dink; “Goedso Bliksem, ek hoop jy het stadig gevrek en geroggel in jou eie bloed.”

As jy die soet tee drink begin die newels so bietjie terugtrek en jy besef jy moet die familie laat weet. Soos ‘n zombie loop jy na die telefoon en bel vir Ma en Pa. Dit is Ma wat antwoord. “Ma ek het slegte nuus” begin jy. “Here Heinrich wat is fout?” skree-vrae Ma as jou stem jou gemoedstoestand weergee. “Ma dit is Oupa en Ouma” begin jy. “Nee, Here asseblief tog nee!!! Skree Ma en die volgende oomblik is Pa op die lyn. Hy bring soos altyd bietjie kalmte in jou lyf. Jy verduidelik dat Oupa en Ouma vermoor is, maar los die detail uit. Dit voel net onmoontlik om dit te beskryf, so asof dit onwerklik is. Pa belowe hulle sal dadelik ry, en jy stop hom en sê dat Ma dit nie mag sien nie, hulle moet eers later kom. Sonder verduideliking vestaan Pa.

Dan begin jy wonder hoe jy die huis gaan skoonkry, so sonder hulp. Hoe jy jouself sover gaan kry om skoon te maak. Al die bloed……….

Die polisie se lykswa hou voor die huis stil. Jy kan nie glo die twee ou mense word met so ‘n vuil en onpersoonlike voertuig weggeneem nie. So onwaardig. Die wit newels begin weer oor jou denke spoel, en jy ervaar ‘n intense haat. Dis hulle skuld, en jy wil hulle in die hande kry om te boet!!!!!!!! Hulle moet boet!!!!

Die sersant bring vir jou ‘n toebroodjie. Dit proe soos rubber en kaartbord, en jy bedank dit vriendelik en wonder of jy ooit weer in jou lewe gaan eet, of ‘n eetlus hê.

Daar stop ‘n rooi bakkie voor die huis, en ‘n vriendelike blonde vrou klim uit. Sy verduidelik dat hulle misdaad tonele opruim, en dat ek nie bekommerd moet wees nie. Hulle sal alles skoonmaak, hulle wag net vir die polisie fotograwe om klaar te maak. Jy glimlag dankbaar.

Twee polisiemanne sleep Oupa se lieflingshond aan sy agterpote uit die huis en jy wil op hulle skree om die hond met respek te behandel. Jy vat egter woordeloos by hulle oor en dra die hond se verminkte karkas na die koelkamer, en lê dit saggies neer. Dan gaan haal jy die ander hond, en doen dieselfde. Dan begin jy wonder oor die ander diere, en stap krale toe. Tussendeur veg jy teen die wit newels. En al wat jy hoor is die polisie se doen en late. Die werf, die omgewing is stil. Jy kyk verbaas na die bloed aan jou klere, en wonder hoeveel daarvan is Oupa en Ouma s’n.

Asof jy outomaties kan beweeg, gee jy diere voer en water. Selfs hulle lyk verwese. So asof hulle bang is hulle hoor weer gille van die huis af.

Dan kom die eerste verlossing. Die buurman, oom Willie en sy vrou Erika kom aangestap. Jy het ook omtrent voor hulle grootgeword, en kan ewe skielik nie meer die trane terughou nie. En die geween van ‘n groot man het ‘n rouheid van sy eie. Dit weerklink van woede, frustrasie en hartseer oor jy nie die tragedie kon keer nie. Oor selfs jou manwees ontoereikend was om jou geliefdes te beskerm.

Die twee ou mense hou jou vas asof jy hulle eie kind is. En net hulle aanraking bring bietjie kalmte en verdryf die wit newels. Vir eers.

Oupa, Ouma en Boksie is saam begrawe daar op die plaas. Daar waar die Treurwilgers so oor die stroompie langs die huis hang.

betting withoutлобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae