Doebai-krisis ontketen wêreldwye geldvrese

Vrese oor ‘n gevaarlike nuwe fase in die ekonomiese krisis het gister om die wêreld geswiep soos wat handelaars gereageer het oor die skokaankondiging dat ‘n skulddeurtrokke Doebai staatskorporasie nie in staat was om sy renterekening te vereffen nie. Aandele het getuimel, swak geldeenhede is gekasty en meer as $14-miljard is van die waarde van

Lees verder: Doebai-krisis ontketen wêreldwye geldvrese

Atoomenergiehoof erken dat Iran-ondersoek op dooiepunt is

Die uittredende hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap het gister gesê dat sy ondersoek na Iran se kernprogram op ‘n doodloopstraat uitgeloop het en dat vertroue in Teheran se geloofbaarheid krimp na die Iraniërs se uiteindelike erkenning dat hulle ‘n kernfasiliteit in die geheim bou. Mohamed El Baradei se prontuit kritiek van die Islamitiese Republiek –

Lees verder: Atoomenergiehoof erken dat Iran-ondersoek op dooiepunt is

Eskom kry hulp van Afrika-ontwikkelingsbank

Die Afrika-ontwikkelingsbank, AfDB, het Donderdag ’n lening ter waarde van €1.86 biljoen, oftewel R21 miljard, aan Eskom toegestaan om ’n kragprojek te finansier wat Suid-Afrika en die streek se energievoorsieningskapasiteit ’n aansienlike hupstoot sal gee. “Suid-Afrika se kragkrisis was tot dusver ‘n groot struikelblok vir Afrika se ekonomie,” het Donald Kaberuka, die president van AfDB

Lees verder: Eskom kry hulp van Afrika-ontwikkelingsbank

SAPD se klag by persombudsman teen Volksblad teruggetrek

In die aanloop en na afloop van die Konfedereasiebekertoernooi was die polisie duidelik ongemaklik oor die persepsie wat die publiek en besoekers oor die misdaadsituasie in die land sou ontwikkel. Veral die polisie in gasheerstede vir volgende jaar se Sokkerwêreldbekereindtoernooi is met ‘n vergrootglas dopgehou. Boonop het dit in dieselfde tyd aan die lig gekom

Lees verder: SAPD se klag by persombudsman teen Volksblad teruggetrek

Bruce Fordyce skel op ‘n ‘coconut’

Beeld berig dat ’n niggie van die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Robert McBride, haar tot die menseregtekommissie, MRK, gewend het nadat die bekende Comrades-kampioen Bruce Fordyce, haar glo ’n “coconut” genoem het. Roberta McBride beweer die geskel en beledigings het tydens ’n partytjie in Parktown-Noord plaasgevind. Fordyce het, terwyl hy nog deelgeneem het, met

Lees verder: Bruce Fordyce skel op ‘n ‘coconut’

Massaselfmoordgroep op Facebook ondersoek

Die polisie in Hong Kong soek na ‘n internetgebruiker wat glo tieners aangemoedig het om massa-selfmoord te pleeg. Die stap volg nadat ‘n 15-jarige lid van dié groep probeer het om homself dood te maak. Nagenoeg 190 mense het reeds by die groep, ‘Ek moet selfmoord beoefen’, aangesluit, wat tieners aanmoedig om hul eie lewens

Lees verder: Massaselfmoordgroep op Facebook ondersoek

Bus bars in vlamme uit, 10 dood

Minstens tien mense het gesterf en 24 passasiers is ernstig beseer nadat ’n bus in vlamme uitgebars het. Die bus het begin brand nadat dit in ‘n kettingbotsing met verskeie ander voertuie in Molotoweg, Pretoria, betrokke was, volgens paramedici. Sover vasgestel kon word, is nege passasiers in die bus doodgebrand. “Daar is tot dusver 24

Lees verder: Bus bars in vlamme uit, 10 dood

Uitvoerende amptenare met miljarde beloon vir bankineenstortings

Die uitvoerende hoofde van Bear Stearns en Lehman Brothers, die twee beleggingsbanke wat verlede jaar tydens die finansiële ineenstorting gevou het, het met honderde miljoene dollars in kompensasie weggestap selfs terwyl die maatskappy se aandeelhouers alles verloor het, sê ‘n nuwe verslag van die Harvard Law School. Die boonste vyf uitvoerende amptenare by Bear Stearns

Lees verder: Uitvoerende amptenare met miljarde beloon vir bankineenstortings

Google trap klei oor Michelle Obama se aapfoto

Google loop tans advertensies om die vertoon van rassistiese en anti-semitiese stof in soekresultate te verduidelik, insluitende ‘n gedokterde foto wat die Amerikaanse eerste dame, Michelle Obama, as ‘n aap uitbeeld. Die foto is deur ‘n Chinese webwerf gebruik. Google het nie kommentaar gelewer oor die talle foto’s op die internet wat George W Bush

Lees verder: Google trap klei oor Michelle Obama se aapfoto