Massaselfmoordgroep op Facebook ondersoek

Die polisie in Hong Kong soek na ‘n internetgebruiker wat glo tieners aangemoedig het om massa-selfmoord te pleeg.

Die stap volg nadat ‘n 15-jarige lid van dié groep probeer het om homself dood te maak.

Nagenoeg 190 mense het reeds by die groep, ‘Ek moet selfmoord beoefen’, aangesluit, wat tieners aanmoedig om hul eie lewens op 21 Desember te neem.

Die groep se onbekende skepper het egter boodskappe op die sosiale netwerk Facebook geplaas en gesê dat die groep net ‘n grap was.

Lede van die groep was veronderstel om te gesels oor maniere om dood te gaan, het hy geskryf.

“Ek moedig hulle nie aan om selfmoord te pleeg nie.”

Die groep is intussen van Facebook verwyder, nadat die plaaslike media daaroor berig het.

Polisie het hul ondersoek begin nadat klasmaats ‘n tienerseun gekeer het om homself van die skool se dak af te gooi. Die seun het ook aan die groep behoort.

 

free moneyтопкарго