Atoomenergiehoof erken dat Iran-ondersoek op dooiepunt is

Die uittredende hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap het gister gesê dat sy ondersoek na Iran se kernprogram op ‘n doodloopstraat uitgeloop het en dat vertroue in Teheran se geloofbaarheid krimp na die Iraniërs se uiteindelike erkenning dat hulle ‘n kernfasiliteit in die geheim bou.

Mohamed El Baradei se prontuit kritiek van die Islamitiese Republiek – vier dae voor hy die amp ontruim – was opvallend daarin dat dit grootliks saamvloei met die mening in Washington, wat vir jare krities was jeens die IAEA-hoof vir wat hulle gesien het as sy sagtheid teenoor Iran.

Iran moes ook afkeur uit ‘n ander oord tydens die openingsessie van die IAEA se 35-volke raad verduur, met die voorstel van ‘n resolusie wat Teheran aanspreek oor ‘n breë reeks kwessies wat verband hou met internasionale kommer dat dié land beplan om kernwapens te vervaardig.

Vir strategiese en ekonomiese redes het Moskou en Beijing hulleself in die verlede by Teheran geskaar. Hulle het verskeie Westerse pogings om sanksies op Teheran oor dié se houding oor kernsake te implementeer, verhoed, of die strengheid daarvan afgewater.

Hulle het nie die vorige IAEA-resolusie wat krities jeens Iran was in 2006 bekragtig nie. Hulle ondersteuning vir die dokument tydens die byeenkoms in Wene reflekteer dus die breë internasionale ontgogeling met Teheran.

Dit wil voorkom asof dit ‘n sein vir moontlike ondersteuning van enige nuwe Westerse druk vir ‘n vierde stel Veiligheidsraadsanksies is, indien Teheran sou voortgaan om internasionale toenadering, wat veronderstel is om ooreenkomste te bereik om kommer oor die land se kernprogramme te verminder, te vermy.

 

джинсы для девочек 10 летФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae