Uitvoerende amptenare met miljarde beloon vir bankineenstortings

Die uitvoerende hoofde van Bear Stearns en Lehman Brothers, die twee beleggingsbanke wat verlede jaar tydens die finansiële ineenstorting gevou het, het met honderde miljoene dollars in kompensasie weggestap selfs terwyl die maatskappy se aandeelhouers alles verloor het, sê ‘n nuwe verslag van die Harvard Law School.

Die boonste vyf uitvoerende amptenare by Bear Stearns het ‘n totaal van omtrent R10-miljard uit bonusse en effekteverkope tussen 2000 en 2008 gemaak, terwyl die boonste vyf uitvoerende amptenare by Lehman Brother ongeveer R7-miljard in dieselfde tydperk gemaak het – die tydperk waartydens die maatskappy swak beleggings gemaak het wat hulle in 2008 sou laat in duie stort, volgens “The Wages of Failure” ‘n verslag van die Harvard Law School se Program oor Korporatiewe Bestuur.

“Die mense wat in hierdie maatskappye belê het, behoort verraai te voel,” het Nell Minnow, ‘n kompensasiedeskundige by die Korporatiewe Biblioteek, aan NBC se Lisa Myers gesê. “Die hele idee van kapitalisme is dat die mense die kapitaal sal voorsien en dat die uitvoerende amptenare daarna sal kyk vir ons. In hierdie geval het mense die kapitaal verskaf en die amptenare het dit geneem.”

Bear Stearns se uitvoerende hoof, James Cayne, het persoonlik amper R2,8-miljard in die tydperk wat die bank se ineenstorting voorafgegaan het, gemaak, terwyl Lehman Brothers se uitvoerende hoof Richard Fould omtrent R3,7-miljard gemaak het. Bloomberg nuusdiens merk op dat “aandeelhouers wat hulle aandele dwarsdeur hierdie tydperk wat in die verslag onder die loep geneem word, gehou het, het meeste van hulle aanvanklike beleggings verloor.”

NBC se Myers het uitgewys dat beide Cayne en Fuld deur aandeelhouers gedagvaar is.

CNBC se sake-aanbieder, Jim Cramer, het aan NBC se Matt Lauer gesê dat die korporatiewe kultuur wat tot die ontsaglike bonusse en finansiële intuimeling gelei het, nie sommer net gaan weggaan nie. “Wat gebeur met hierdie mense? Niks,” sê Cramer. “Hulle het die geld gekry, hulle het padgegee… Hulle het daarmee weggekom, so hoekom sal die volgende ou dit nie probeer nie?”

 

для шиномонтажалобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae