Minstens tien mense het gesterf en 24 passasiers is ernstig beseer nadat ’n bus in vlamme uitgebars het.
Die bus het begin brand nadat dit in ‘n kettingbotsing met verskeie ander voertuie in Molotoweg, Pretoria, betrokke was, volgens paramedici.
Sover vasgestel kon word, is nege passasiers in die bus doodgebrand.
“Daar is tot dusver 24 passasiers wat tydens die voorval beseer is, sommige van hulle ernstig,” het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
“Paramedici, talle brandbestryders en die polisie is tans op die toneel besig om die situasie te beheer.
Molotoweg is tans vir verkeer gesluit.
