Die studie oor korrupsie in die privaatsektor toon dat omkopery slegs by 11,5 persent van maatskappye voorkom wat deel van die opname is, maar dat 74 persent glo dat korrupsie bestaan.
Misdaad: ‘n Boer maak ‘n plan
Toespraak gelewer by ‘n PRAAG-vergadering oor misdaad in die NG Kerksaal, Lynnwood, Pretoria op 10 Maart 2007, saam met Steve Hofmeyr, TLU-veiligheid en ander belanghebbendes
Dames en here, mede-Afrikaners,
Daar gaan nie ‘n dag verby dat ons nie gruverhale in die koerante lees oor die vlaag misdaad wat die land teister nie. Trouens, “misdaad” het ‘n versamelnaam geword vir die patologiese toestand waarin ons land verkeer. Ons kan dit net sowel oorlog of anargie noem, want nóg die oorlog in Irak nóg die konflik tussen Israeli’s en Palestyne eis soveel slagoffers soos ‘n gewone dag in Suid-Afrika.
Grondeis ontaard in ‘n bakleiery
Die eerste eiendom wat deur die regering onteien is, naamlik die Lutherse kerk se plaas buite Pniel in die omgewing van Kimberley, is tans ’n twispunt tussen die eisers. Die staat sal gevolglik vir ’n ruk as kurator van die grond optree voordat dit aan die eisers oorhandig word.
PRAAG, Steve, TLU wil anti-misdaadplan uitbrei
Die tema van PRAAG se anti-misdaadvergadering Saterdag 10 Maart in Lynnwood, Pretoria, was Genoeg! Die publiek, en veral die Afrikanergemeenskap, is siek en sat vir misdaad en die moue moet nou opgerol word om iets daadwerkliks daaraan te doen.
Volgens dr. Phillip Venter, voorsitter van die Louis Trichardtse buurtwag, het hulle daarin geslaag om misdaad op die dorp met 95% binne vier maande te verminder. Hoewel hy ‘n predikant is, ry hy self patrollie en is daar al op hom geskiet. Maar hy het die gehoor van ongeveer 300 mense daaraan herinner dat misdaadvoorkoming ons Christelike plig is. “Misdaad is sonde en indien ons as gelowiges dit toelaat, is ons ewe aandadig as die misdadigers self.”
Lang lemme in die nag
Die Moeder van Moraliteit
Die Nag van die Lang Messe, ook bekend as Red October, Operation White Cleanup, Iron Eagle en, onheildreigend genoeg vir enige Afrika-inwoner, Uhuru, het skielik volksbesit geword. ‘n SMS-veldbrand wat beweer dat Nelson Mandela op sterwe lê, ‘n gebeurtenis wat die voorspel sal wees tot ‘n landswye massa-aanval en –uitdelging van witmense deur swartes, het die nasionale temperatuur ‘n kerf of twee laat styg. En ek, ek erken, ek is bang gepraat.
Dit is nie dat ek maklik banggepraat word nie en vir seker nie deur die donker mymeringe dat hierdie volksuitwissing net nog ‘n baken is wat aangetref moes word op die roete wat volks-Nostradamus Siener van Rensburg ‘n driekwart eeu gelede vir die Afrikaner uitgestippel het nie. Ek is nie ‘n Siener-proseliet nie: Ek kan sy amp of sy metode net so min vereenselwig met die Bybelse model van profesie as wat ek die weerklank van hedendaagse Charismatiese uit-die-vuis-uit “profetiese gawes” in die apostel Paulus se aanwysings kan hoor.
Anargie by Binnelandse Sake
Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gister bekendgemaak dat afgetrede rekenmeesters en inligtingstegnologiedeskundiges die Departement van Binnelandse Sake gaan bystaan om die huidige chaotiese situasie te probeer beredder. яхтингДанильченко Юрий отзывы
Anargie by Binnelandse Sake
Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gister bekendgemaak dat afgetrede rekenmeesters en inligtingstegnologiedeskundiges die Departement van Binnelandse Sake gaan bystaan om die huidige chaotiese situasie te probeer beredder.
Dit volg op bevindinge van ’n taakspan beamptes van die Staatsdienskommissie en ander staatsinstellings wat bevind het dat die departement “ernstige bestuursprobleme” ondervind. Die bestuur van menslike hulpbronne is uitgesonder as een van die ernstigste kwessies waarmee Binnelandse Sake tans worstel. “Ons moet die hele departement herstruktureer,” het Mapisa-Nqakula gister tydens haar perskonferensie gesê. Daar is tans geen direkteur-generaal wat die departement bestuur nie. Volgens die minister gaan sy poog om die posisie voor die einde van Mei te vul. Die volledige verslag van die taakgroep sal eers aan die media beskikbaar gestel word nadat die parlementêre komitee vir Binnelandse Sake die bevindinge volgende week bespreek het.
Aalmoes aan Liberi
Johnson-Sirleaf Suid-Afrika gaan ’n gedeelte van Liberië se skuld aan die Afrika Ontwikkelingsbank betaal. Die bedrag beloop meer as R26 miljoen, is Donderdag bekendgemaak. Die kabinet het Woensdag ’n versoek van die bank goedgekeur dat Suid-Afrika die uitstaande skuld namens Liberië vereffen. Liberië het ’n bevolking van drie miljoen mense, waarvan ongeveer 80% onder die
Ons eie Warren Buffet
Waar is ons gratis onderwys?
Die ANC-regering het die mense van Suid-Afrika in die steek gelaat deur nie gratis onderwys in alle staatskole te verskaf nie. Dit is die mening van die Congress of South African Students (Cosas).
