Die batebestuursgroep Allan Gray het op 7 Maart bekendgemaak dat amper 19% van hul aandele aan ’n swart bemagtigingsmaatskappy, E², verkoop is. Thando Mhlambiso is die voorsitter van die swart groep. Standardbank het die lening aan E² toegestaan waarmee die aandele gekoop is. Die stigter van die fondsbestuursgroep, Allan Gray, het verder R1.1 miljard van die transaksie se opbrengs geskenk vir beurse om studente te help wat entrepreneurs wil word. Sowat 500 studente sal oor die volgende vyf jaar beurse ontvang wat al hulle koste sal dek. E² gaan uit sy dividendopbrengs sy fondse kry. Daar word gehoop dat die Gray-studente uiteindelik van E² se fondse gebruik sal maak om hul eie besighede te begin.
Prof Jakes Gerwel, voorsitter van Allan Gray Orbis Foundation Africa Endowment en Allan Gray Orbis Foundation, het gesê dié stap laat hom dink aan die Amerikaanse beleggingsdeskundige Warren Buffet wat meer as $43 miljard aan liefdadigheid geskenk het.
Volgens Allan Gray, ’n Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woonagtig is en die firma in 1973 begin het, glo hy nie daarin om sy geld aan sy kinders na te laat nie, maar verkies hy om dit in die gemeenskap te belê.
“We are almost obsessed with performance,” lui Allan Gray se gevleuelde woorde op die maatskappy se webwerf.
Hy gaan verder volgende maand ’n bemagtigingstransaksie met personeel bekendmaak wat 10% in die groep gaan verkry. Die totale belang in swart hande sal dan op 27% te staan kom.
As ’n laaste vrygewige gebaar het Gray ook aangekondig dat die kinders van Allan Gray-werkers, wat minder as R250 000 per jaar verdien, se studiegeld betaal sal word.
купить воронеж ключиАлександр Фильчаков прокурор