Polisie in Sierre Leone het gister op 700 kg kokaïen beslag gelê wat aan boord van 'n vliegtuig by Lungi-lughawe versteek was.
Selebi en die Skerpioene trek tou oor dossiere
09:58:11 Die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi poog tans om die Skerpioene te dwing om 'n dossier wat korrupsie-ondersoeke oor hom bevat te oorhandig. Hy het 'n aansoek voor die adjunk-regterpresident van die Witwatersrand, Phineas Mojapelo, gebring.
Polisiesuperintendent weier Afrikaanse dekbriewe
09:55:29 'n Senior superintendent van die Sunnyside-polisiekantoor het reeds forensiese bewysstukke in 52 sake geweier omdat die dekbriewe daarvoor in Afrikaans was.
Lees verder: Polisiesuperintendent weier Afrikaanse dekbriewe
Zimbabwe-samesprekings misluk
Die twee Zimbabwiese partye, die MDC en heersende Zanu-PF, het misluk om enige gemene grond gedurende hul onlangse samesprekings in Pretoria te vind.
9 Amerikaanse soldate sterf in Afhanistan
Nege Amerikaanse soldate het in aksie in Afghanistan gesterf.
Vier dood in sportmotorbotsing
Vier mense het in 'n ongeluk wat teen 'n hoë spoed plaasgevind het, gesterf. Een van hulle het die peperduur sportmotor wat hy onlangs as verjaarsdag geskenk ontvang het, bestuur.
Nog ‘n jongvrou verdwyn na betrokkenheid op Mxit
Nog 'n jongvrou het verdwyn nadat sy met 'n man op die teksdiens, Mxit, betrokke geraak het.
Lees verder: Nog ‘n jongvrou verdwyn na betrokkenheid op Mxit
Nog ‘n G8 beraad
Die G8-lande (Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Rusland, Groot Brittanje en die Verenigde State) het weereens beraad gehou, dié keer in Japan. Die doel van die organisasie is om leiding aan die wêreld te gee, veral op ekonomiese gebied. Die beraad word jaarlikse gehou, maar ministers van finansies, omgewingsake en buitelandse sake ontmoet meer dikwels om die agenda van die beraad saam te stel en voor te berei.Die lewe van die 18de-eeuse trekboere
Ná 1700 het trekboere in twee rigtings begin uitbrei — noord- en ooswaarts. Tot byna die end van die jare dertig het die trekkers voortbeweeg tussen die kusstrook en die berge wat parallel met die kus loop. Kort voor 1730 het albei hooftrekke op ernstige hindernisse gestuit. In die noordweste was dit 'n dorre woestynagtige streek wat swak voorsien was van standhoudende water, en in die ooste op digte woude. Teen 1730 het die boere oor die berge begin trek, en in die 1740erjare het die noordwaartse stroom oos geswenk en omstreeks 1770 die Visrivier bereik.
Die geopolitieke spel rondom Zimbabwe
Die meeste Afrikaners is met reg geskok deur Robert Mugabe se optrede teen die blanke boere van Zimbabwe wat die land in ʼn ekonomiese krisis van ongekende omvang gedompel het.
