Dit is een van die grootste verliese wat die VSA-weermag nog gely het sedert hulle die land in 2001 binnegeval het.
Die voorval het gekom toe Afghaanse en internasionale magte deur Islamitiese militantes in die Koenar-provinsie aangeval is.
NAVO se internasionale sekerheidsbystandsmag sê die soldate is in 'n skermutseling wat vir 'n paar ure geduur het, dood.
Die insurgensiemagte het met mortiere en vuurpyle op die internasionale magte gevuur.
Gevegte het onlangs in Afghanistan toegeneem in kontras met Irak waar koalisiemagte daarin geslaag het om relatiewe vrede te bewerkstellig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.