Jeanetta Swanepoel, het klaarblyklik weggeloop van haar tuiste in Ritchie in die Noord-Kaap.
Haar pa, David Swanepoel, het sy 21-jarige dogter as 'n stil, verantwoordelike persoon beskryf.
Hy sê hy het Vrydagoggend opgestaan en gevind dat sy dogter uit die huis verdwyn het.
Sy het voorheen lang kletssessies met 'n persoon met die naam Chris op Mxit gehad.
Daar word vermoed dat iemand in Ritchie haar 'n geleentheid Kimberley toe gegee het.
'n Aantal jongvroue het onlangs verdwyn nadat hulle op Mxit met mans betrokke geraak het.
Swanepoel sê hy wil net 'n boodskap by sy dogter uitkry dat haar ouers besorgd is oor haar.
Hy het versoek dat enige iemand wat iets in verband met die voorval weet met die polisie in aanraking sal kom.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.