700 kg koka?en in Sierra Leone gevind

Polisie in Sierre Leone het gister op 700 kg kokaïen beslag gelê wat aan boord van 'n vliegtuig by Lungi-lughawe versteek was.

Wes-Afrika het een van die belangrikste smokkelpunte vir dwelms geword wat deur Latyns-Amerikaanse handelaars gebruik word om hul goedere na winsgewende Europese markte te verskeep.

Volgens die assistant-inspekteur-generaal, Francis Munu, is dit die grootste dwelmfonds wat nog ooit in Sierra Leone gemaak is.

Die straatwaarde van die 700 kg kokaïen is omtrent $35 miljoen in New York, volgens 'n beraming wat deur die Verenigde Nasies se kantoor vir dwelms en misdaad gemaak is.

Kokaïengebruik in Europa is aan die styg en volgens 'n Europese agentskap was daar in 2006 reeds 4,5 miljoen kokaïengebruikers teenoor 3,5 miljoen 'n jaar vantevore.

Оборудование Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae