Op hul beurt wil die Skerpioene die polisie dagvaar om dokumente wat hulle beweer van wesentlike belang is in hul saak teen Selebi te oorhandig.
Verlede maand het Gerrie Nel, die hoofaanklaer van die Skerpioene, die versekering in die Randburgse landdroshof gegee dat hul dossier teen 4 Julie aan Selebi se regspan gelewer sou word.
