Die MDC-faksie wat deur die presidensiële kandidaat Morgan Tsvangirai geleis is, asook 'n kleiner groep onder Athur Mutambara, het Donderdag 'n voorbereidende gesprek met Mugabe se Zanu-PF onder beskerming van Suid-Afrikaanse bemiddelaars in Pretoria begin.
Chamisa, 'n woordvoerder van die MDC, het gesê dat geen betekenisvolle vooruitgang gemaak is nie maar die staatsbeheerde Sunday Mail in Zimabwe het beweer dat die partye oor 'n werksraamwerk ooreengekom het wat die weg op ernstige samesprekings berei het.
Die Sunday Independent het gister in Johannesburg berig dat die partye 'n ooreenkoms sou onderteken om intensiewe samesprekings te lei wat Woensdag in Harare sou begin en tot die einde van die maand sou duur.
