Vier dood in sportmotorbotsing

Image

‘n Lamborghini Diablo

Vier mense het in 'n ongeluk wat teen 'n hoë spoed plaasgevind het, gesterf. Een van  hulle het die peperduur sportmotor wat hy onlangs as verjaarsdag geskenk ontvang het, bestuur.

Die 22-jarige Brett Scott, het klaarblyklik beheer van sy Lamborghini Diablo verloor toe hy teen 'n hoë spoed om 'n draai gegaan het.

Hy het teen aankomende verkeer gebots.

Die sportmotor, wat 'n waarde van om en by 3-miljoen rand gehad het, het in vlamme uitgebars.

Die motor waarteen hy gebots het, is volgens noodpersoneel tot minder as die oorspronklike lengte daarvan saamgepers.

Die bestuurder daarvan is as Albert Ncube geïdentifiseer. Hy en sy twee passasiers is op slag dood.

Die passasiers is nog nie uitgeken nie.

free online slot games with bonusФильчаков