In vandag se Sunday Times verskyn daar ʼn berig oor die matriekuitslae wat so pas vrygestel is. Volgens die koerant sien die topskole in die Gautengprovinsie so daar uit: Holy Trinity Secondary School, Ivory Park Secondary, Hoërskool Vanderbijlpark, Hoërskool Riebeeckrand en Afrikaanse Hoër Meisieskool.
Wag ʼn bietjie: Wie het al van Holy Trinity Secondary School gehoor? ʼn Internetsoektog laat ʼn skool met daardie naam in die Winterveldplakkerskamp uitspring. En ja, Ivory Park is insgelyks ʼn “informele buurt”.
