Doktor Nico Smith se aanklag teen sy Moeder, die NG Kerk, skree om reaksie juis vanwee sy gebrek aan ʼn praktiese uitkyk oor kerkwees vanaf lidmaatsvlak.
Op verskeie plekke in sy brief kla hy die kerk daarvan aan dat hy posisies ingeneem het soos wat sy lidmate dit wou hê. Nou hoe dan anders, doktor? Die kerk se hele bestaan hang van sy lidmate af. As daar nie lidmate is nie, is daar nie ʼn kerk nie. As die lidmate nie die ampsdraers se salarisse wil betaal nie, is daar nie ampsdraers nie en is daar nie ʼn sinodesitting nie. Die blote plaasvind van die sinodesitting word gefinansier deur die geld wat uit die lidmate se sakke kom.
