praag.co.za

Tradisionele genesers glimlag al die pad bank toe

Written by

in

 
Medisyne word gemaak van plantprodukte en geen chemiese middels word bygevoeg nie. Volgens die wet word tradisionele genesers verbied om pasiënte te laat glo dat hulle vigs, kanker en ander dodelike siektes doeltreffend kan behandel, maar dit is ’n bekende feit dat mense dikwels genesers juis oor hierdie siektetoestande gaan sien.

Die vrees vir heksery is ook nog sterk aanwesig. Baie mense gaan tradisionele genesers sien omdat hulle oortuig is dat hulle deur iemand getoor is. Hekse kan ook die gedaante van diere aanneem en sodoende bose kragte in iemand se lewe instuur. Tradisionele genesers verskaf sekere gedroogde plantmateriaal wat mense om hulle nekke kan hang om die bose geeste af te weer. Hekse is dikwels mense in jou omgewing wat jaloers is op jou sukses.

Die voorouers se toorn word gesien as die rede waarom iemand siek word. Dié persoon het iets gedoen wat die voorouers omgekrap het en word gevolglik met siekte gestraf. As iemand tradisionele gebruike verontagsaam of ouer mense nie genoegsaam respekteer nie, gee dit dikwels aanleiding tot die voorsate se ergernis. Die goddelike wese gryp nie direk in mense se lewens in nie, maar werk deur sy “agente“, oftewel die genesers.

In Suider-Afrika is daar twee soorte tradisionele genesers: diegene wat plantmateriaal gebruik om mense gesond te maak (amaxhwele in Xhosa en izinyanga in Zoeloe) asook dié wat die toekoms voorspel (amagqirha in Xhosa en izangoma in Zoeloe). Laasgenoemde kategorie besluit nie of hulle genesers wil word nie, maar word deur die voorouers aangesê om dit te doen en het dus ’n roeping in hierdie verband. Die roeping manifesteer deur drome, angstoestande of selfs waansin wat deur die voorouers gestuur word om die voornemende geneser bewus te maak van sy roeping.

Ten einde hiervan ontslae te raak en die verskillende aspekte van sy loopbaan te leer, word so ’n persoon dan toegewys aan ’n ervare geneser wat as mentor vir die nuweling optree. Swartmense gaan sien dikwels so ’n voorspeller as hulle voel Westerse mediese behandeling het nie vir hulle gewerk nie of wanneer die ongeluk op hulle toeslaan. Hierdie soort geneser gebruik drome of gooi dolosse om uit te vind wat die voorvaders van ’n situasie dink. Hulle beskik oor dieselfde plantkennis as die kategorie genesers wat net plantaardige medisyne toedien en nie ’n mistieke roeping het nie.

Moetie of tradisionele medisyne kan rooi, swart of wit wees. Swart en rooi medisyne verdryf bose elemente en versterk die individu teen verdere “aanvalle.” Sogenaamde wit medisyne laat goeie gesondheid terugkeer. Die gebruik van hierdie drie soorte moetie verseker dat die individu weer in harmonie met sy omgewing verkeer.

Daar word geskat dat daar tans sowat 200 000 genesers in die land is. Die bedryf se omset word op R250 miljoen per jaar geskat.

купить пазллобановский александр игоревич

Comments

Leave a Reply