Krotbuurte gaan toeneem

Image

Kibera, Nairobi: Afrika se grootste krotbuurt

Volgens ’n onlangse verslag van die Verenigde Nasies (VN) se Bevolkingstigting groei die getal  stedelinge in Asië en Afrika weekliks met ’n ongelooflike een miljoen nuwe aankomelinge. Binne die volgende dertig jaar gaan die getal stedelinge op hierdie twee vastelande verdubbel, wat onvermydelik tot ’n behuisingskrisis gaan lei.

Die VN meen dat hierdie snelle verstedeliking ”’n verandering in denkwyse“ noodsaak, maar meen ook dat dit ”’n ongelooflike geleentheid“ bied. Op die platteland staan vroue ’n veel groter kans om tydens kindergeboorte te sterf as in die stede (1 uit 10 sterftes in Asië en Afrika teenoor 1 uit 10 000 in Europa). In krotbuurte neem hierdie risiko af, omdat dit makliker is om by ’n dokter of hospitaal uit te kom. Dieselfde geld vir ernstige siektes soos vigs, aldus die VN.

Dieselfde geld volgens dié wêreldorganisasie vir onderwys. Op die platteland is laerskoolonderrig nie ’n probleem nie, maar hoërskoolonderwys en tersiêre onderrig is gewoonlik net in stedelike gebiede beskikbaar.

Die verslag meld verder dat nasionale en munisipale owerhede in die verlede gepoog het om migrasie na die stede te verminder. Die reg van arm mense om toegang te kry tot die stede moet egter gerespekteer word. Die owerhede moet dus ’n prioriteit van hierdie nuwe aankomelinge maak. Of die VN sy doelwit gaan bereik om erge armoede teen 2015 te halveer, gaan deur die wyse waarop die krotbuurte in Asië en Afrika bestuur word, bepaal word.

Die helfte van hierdie nuwe aankomelinge in Asië en Afrika is jonger as 25 jaar oud. In Afrika alleen leef 70% van die stedelike bevolking reeds in krotbuurte.

рубашки в клеточку для девочекАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae