Dit is warm op Kerkplein. Die kwik trek iewers in die dertigs. Daar is duisende mense, met koelhouers, opvoustoele en uitbundige blondekop kinders. ’n Basaaratmosfeer heers. Weet hierdie mense met hul rooigebrande velle dat hulle vandag eintlik weer ’n vergete tradisie begin? Hulle voorsate het immers in die negentiende eeu van ver gekom om op Kerkplein te kom kampeer en saam te kuier. Maar vandag word daar nie Nagmaal gehou nie; daar word feesgevier met musiek, spookasem en boerewors. Pretoria is 152 jaar oud.

Die Italiaanse intellektueel, Umberto Eco, het enkele jare gelede iets kwytgeraak wat vir my skokkend was. In sy boekie Cinque Scritti skryf hy onder meer: “Die Derde Wêreld klop aan ons deure en gaan binnekom selfs al hou ons nie daavan nie… Europa gaan ʼn veelrassige kontinent word – of ʼn “gekleurde” een as u wil. Dis hoe dit gaan wees, of u daarvan hou of nie.”