Vakbondleiers het gevra dat 'n kommissie van ondersoek aangestel moet word om Robert McBride, die Oosrandse polisiehoof, te ondersoek.
50 mense dood in Zimbabwe se verkiesingstryd
Volgens die Zimbabwiese opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, is vyftig van sy ondersteuners in gewelddadige
aanvalle vermoor. Sleutelfigure van die party word ontvoer en na enkele dae dood aangetref.
Morgan Tsvangirai
Nog ‘n rooftog in Kameeldrift
Die vlaag rooftogte wat Kameeldrift, noordoos van Pretoria, teister, het sy jongste slagoffers geëis.Rugby moet vinniger transformeer, s? sportminister
Die minister van sport en ontspanning, Makhenkesi Stofile, het gister gesê rugby moet vinniger transformeer.
Lees verder: Rugby moet vinniger transformeer, s? sportminister
Etniese konflik knou toerisme
Die etniese geweld van die afgelope twee weke het waarskynlik die toerismebedryf 'n knou gegee. Hoewel die geweld teen vreemdelinge hoofsaaklik teen immigrante uit die res van Afrika gemik was, het Europese toeriste die grootste geskrik.
Skipbreuk van ‘n ideologie
Die uitbarsting van etniese geweld teen buitelanders is die belangrikste politieke gebeurtenis sedert 1994. Dit verteenwoordig niks minder as die skipbreuk van Panafrikanisme in Suid-Afrika nie.
Rassisme maak ‘n sondebok van minderheidsgroepe
Mag met sy gewoontes is afhanklik van 'n bewuste begeerte om te besit, om te organiseer met die doel om onmiddellik iets te bereik. In 'n demokratiese staat met sy groot ongelyke verdeling van ekonomiese mag kenmerk hierdie gebrek die armes. Hulle besef nie hul eie mag nie. Skaars besef hulle wat bereik kan word as hulle belange georganiseer word. Verbinding met diegene wie hulle regeer, ontbreek.
Lees verder: Rassisme maak ‘n sondebok van minderheidsgroepe
Kommer oor Eskom-prysverhoging neem toe
Kommer oor Eskom se voorgestelde prysverhoging van 53 persent neem toe, met Besigheidseenheid SA en Cosatu wat albei die verhoging teenstaan.
20 sterf in Ooskaapse busongeluk
Onbevestigde berigte lui dat twintig mense in 'n Ooskaapse busongeluk gesterf het toe die bus die pad byster geraak en oor 'n krans gestort het, naby die dorp Cedarville.
Tradisionele leiers s? Suid-Afrikaners moet ook versorg word
Die huis van tradisionele leiers meen buitelanders moet in die land gehuisves word, maar plaaslike inwoners mag nie vergeet word nie.
Lees verder: Tradisionele leiers s? Suid-Afrikaners moet ook versorg word
