50 mense dood in Zimbabwe se verkiesingstryd

Volgens die Zimbabwiese opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, is vyftig van sy ondersteuners in gewelddadige

Image

Morgan Tsvangirai

aanvalle vermoor. Sleutelfigure van die party word ontvoer en na enkele dae dood aangetref.

Die MDC het ook die regerende Zanu PF daarvan beskuldig dat die opposisie geen toegang tot die staatsmedia het nie, dat dit feitlik onmoontlik is om openbare vergaderings te hou en dat sy laaste twee vergaderings slegs na appèlsake in die hof gehou kon word.

In weerwil van al die struikelblokke in die weg van die opposisie, is die MDC steeds vol vertroue dat sy kandidaat, Morgan Tsvangirai, die verkiesing teen Robert Mugabe kan wen.

куртки для девочек веснаФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae