Skaars was my rubriek Bantoe-bewind moet onmiddellik eindig geplaas of daar was reaksie op die Praagforum. Die mening is geopper dat my analise oor stedelikes se onvermoë om teen die regime te mobiliseer verkeerd is. Ook is gese dat my siening dat die Boere die Afrikaneradel verteenwoordig nie korrek is nie.
Nou ja, al is mens nie altyd gaande oor kritiek nie moet sulke insette verwelkom word. Dit mag immers nie oor die skrywer se ego gaan nie, maar wel oor die waarheid. Hoe beter ons ons werklikheid begryp, hoe meer mag plaas dit in ons hande. Waarskynlik was my analise naïef, maar terselfdertyd dink ek dat my verklaring beter gekontektualiseer behoort te word.
