Terugslag vir Ho?rskool Ermelo

Image

Die einde?

Gister se beslissing in die Pretoria hoër hof is ’n groot terugslag vir Hoërskool Ermelo se pogings om alleenlik in Afrikaans te bly onderrig. Regter-president Bernard Ngoepe, regter Willie Seriti en waarnemende regter Natvarial Ranchod het die skool se beswaar teen ’n besluit wat hulle dwing om Engelssprekende leerlinge toe te laat en sodoende ’n parallelmediumskool te word, met koste verwerp.

 
Die Mpumalanga-onderwysdepartement het vroeër die besluit van die skoolbeheerraad om self oor taalaangeleenthede te besluit, verwerp en ’n komitee van hulle keuse aangestel, om die skool te dwing om Engelssprekende leerlinge toe te laat.

Johan Ernst, voorsitter van Hoërskool Ermelo se beheerraad, het gister aan die media gesê dat hulle eers die hofbesluit deeglik moet bestudeer, maar dat hulle waarskynlik appèl gaan aanteken.

Die regters was baie krities oor die wyse waarop die aantal Engelssprekende leerlinge wat wel tot die skool toegelaat is, tot dusver behandel is. “Dit is duidelik dat die houding van die aansoekers is dat leerlinge wat in Engels onderrig wil ontvang maar by enige ander plek geholpe kan raak, solank hulle net nie hulle voete by hierdie skool sit nie.

Dit is ’n hardvogtige houding teenoor die onderwysbelange van leerlinge van ander dele van die gemeenskap. Verder herinner dit aan die pre-demokratiese era, toe die onderwysregte van wit leerlinge meer aandag geniet het as dié van leerlinge van ’n ander kleur. Ingevolge die huidige grondwet het alle leerlinge dieselfde reg op staatsfasiliteite, ongeag hulle taal of kleur. Slim regsargumente, selfs in die naam van die grondwet gevoer, sal dit nie verander nie.”

Die regters het na ’n soortgelyke uitspraak verwys en gesê dat die reg op ’n enkelmedium openbare onderwysfasiliteit (en die reg op ’n uitgebreide leerplan) duidelik ondergeskik is aan die reg van elke Suid-Afrikaner op onderwys. “Die vertrekpunt kan nie wees dat daar ’n staatskool of openbare area is wat nie oop is vir die ander amptelike tale nie.”

купить боди для новорожденной на выпискуАлександр Фильчаков Васильевич