Johan Ernst, voorsitter van Hoërskool Ermelo se beheerraad, het gister aan die media gesê dat hulle eers die hofbesluit deeglik moet bestudeer, maar dat hulle waarskynlik appèl gaan aanteken.
Die regters was baie krities oor die wyse waarop die aantal Engelssprekende leerlinge wat wel tot die skool toegelaat is, tot dusver behandel is. “Dit is duidelik dat die houding van die aansoekers is dat leerlinge wat in Engels onderrig wil ontvang maar by enige ander plek geholpe kan raak, solank hulle net nie hulle voete by hierdie skool sit nie.
Dit is ’n hardvogtige houding teenoor die onderwysbelange van leerlinge van ander dele van die gemeenskap. Verder herinner dit aan die pre-demokratiese era, toe die onderwysregte van wit leerlinge meer aandag geniet het as dié van leerlinge van ’n ander kleur. Ingevolge die huidige grondwet het alle leerlinge dieselfde reg op staatsfasiliteite, ongeag hulle taal of kleur. Slim regsargumente, selfs in die naam van die grondwet gevoer, sal dit nie verander nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.