ʼn Onderhoud deur Buks van Rensburg met dr. Johann Wingard, die voormalige voorsitter van die Volkstaatraad.
BvR: Dr. Wingard, as voorsitter van die Volkstaatraad was u betrokke by ʼn interessante en miskien ietwat ongelukkige periode vir Afrikaners. Ek wil graag ʼn paar vrae oor die Volkstaatraad vra. Wat is die oorsprong van die Raad?
