Ons enigste Heimat is Orania

Welkom in die NSA, Vlad. Ek het nou al drie briewe geskryf op PRAAG in dieselfde trant oor die afgelope jaar of so. Ek probeer om mense te laat insien dat Afrikaners regtig nie meer enige bedingingsmag oor het nie. Ons kennishefboom is eenvoudig nie genoeg om die politieke kragte teë te werk nie. Afrikaners maak bohaai oor Afrikaans op die SABC, kla oor pleknaamverandering, kla oor regstellende aksie en diskriminasie, kla oor skole en universiteite wat verengels. Dis te laat. Ons het ons kanse verbrou. Ons is irrelevant. Dis een minnuut oor twaalf. Die demografie het ons ingesluk.

Hoe hanteer ons die werklikheid? Die eerste belangrike stap is om ons situasie te begryp. Eers as die diagnose gemaak is, kan ons die kwaal dokter. Die meeste Afrikaners steek hulle koppe in die sand en glo op een of ander manier sal dinge regkom. Hier op PRAAG word daar gepraat van woonbuurtes en elektroniese verkiesings, van protesoptogte en boikotte en hoe om die swart gemeenskappe te manipuleer om nog steeds hulle arbeid te benut terwyl ons 'n streek rondom Pretoria beding vir onsself. Dis natuurlik alles bog. Dit dui op 'n grootheidswaan. Die beste wat dit tot gevolg kan hê, is tydelike beveiliging in woonbuurtes. Ons kan die opmars van swart Afrika nie meer keer nie. Dis nou ná twaalf.

Die tweede stap is om na ons opsies te kyk. Emigrasie gaan ons nageslag uitwis en is dus net 'n individuele oorlewingstrategie. Daar is eenvoudig net een oplossing. Ons moet 'n Heimat ontwikkel. Daar is net een so 'n plek op dié stadium en dit is Orania. Ek was nooit 'n voorstander van die Orania-opsie nie, want die woestyn en gevolglike afstande het dit ekonomies geknou. Tog as jy besef dat ons werklik niks meer het nie en aanvaar dat ons  rondom Pretoria en die Oos-Transvaalgebied niks meer kan vermag nie, dan begin jy besef dat die woestyn en die gepaardgaande afstande ons vriend is en nie ons vyand nie. Die demografiese monster wat ons volk verslind het, gaan ons nie in die woestyn in volg op die kort duur nie. Dit gee ons genoeg tyd om ons Heimat te vestig om dan die demografie aan te spreek waneer dit nodig sal wees. En ek vermoed soos 'n volkstaat  gedy, gaan die monster al nader beweeg.

Dis belangrik om te begryp dat soos vir Israel, al die Afrikaners nie noodwendig binne in die Heimat geografies gebonde hoef te wees nie. Die wêreld is nou ons speelplek. Ons Heimat is ons oorlewingsmeganisme.

Daar is geen ander opsie nie. As daar is, laat weet my asseblief.

справка в тренажерныйалександр лобановский класс