Regering verwelkom VN-besluit

Die ANC-regering het die VN-veiligheidsraad se besluit om nie sanksies teen Zimbabwe toe te pas nie, verwelkom.

Die Anglo-Amerikaanse sanksievoorstel het 'n reisverbod en batebevriesing teenoor president Mugabe en sy binnekring ingesluit.

Ronnie Mamoepa het namens die departement van buitelanse sake gesê dat Suid-Afrika deur die verbintenis tot dialoog van Zimbabwe se politieke partye bemoedig is.

Hy het die hoop uitgespreek dat dit die mense van Zimbabwe in hul poging om 'n omvattende oplossing vir die huidige situasie te vind van hulp sal wees.

Die MDC het gesê dat 'n vreedsame onderhandelde oorgang dringend nodig is.

кварцвиниловая плитка укладка на фанерутопкарго кидалы

Zuma laat ANC-lede na sy pype dans

Image

Dansende Zuma

11:10:33 Die ANC-president Jacob Zuma laat reeds die hele party na sy pype dans.

Dit het duidelik geword na die benoeming van Kgalema Motlanthe as 'n kabinetslid asook die afdanking van twee premiers

Sowel Nosimo Balindlela en Ebrahim Rasool was Mbeki-ondersteuners.

Helen Zille, die DA-leier, het gesê dat sleutel-ANC-besluite, soos die afdanking van die twee premiers, deur interne magstryde bepaal word.

 

Sy mee dat die heersende faksie van die ANC sy bondgenote teen alle koste beskerm en opponente verdryf.

курсы яхтенных капитановДанильченко Юрий Брониславович

Selebi en die Skerpioene trek tou oor dossiere

Image

Jackie Selebi

09:58:11 Die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi poog tans om die Skerpioene te dwing om 'n dossier wat korrupsie-ondersoeke oor hom bevat te oorhandig. Hy het 'n aansoek voor die adjunk-regterpresident van die Witwatersrand, Phineas Mojapelo, gebring.

Op hul beurt wil die Skerpioene die polisie dagvaar om dokumente wat hulle beweer van wesentlike belang is in hul saak teen Selebi te oorhandig.

Verlede maand het Gerrie Nel, die hoofaanklaer van die Skerpioene, die versekering in die Randburgse landdroshof gegee dat hul dossier teen 4 Julie aan Selebi se regspan gelewer sou word.

насосные станции педроллоФильчаков

Zimbabwe-samesprekings misluk

Die twee Zimbabwiese partye, die MDC en heersende Zanu-PF, het misluk om enige gemene grond gedurende hul onlangse samesprekings in Pretoria te vind.

Die MDC-faksie wat deur die presidensiële kandidaat Morgan Tsvangirai geleis is, asook 'n kleiner groep onder Athur Mutambara, het Donderdag 'n voorbereidende gesprek met Mugabe se Zanu-PF onder beskerming van Suid-Afrikaanse bemiddelaars in Pretoria begin.

Chamisa, 'n woordvoerder van die MDC, het gesê dat geen betekenisvolle vooruitgang gemaak is nie maar die staatsbeheerde Sunday Mail in Zimabwe het beweer dat die partye oor 'n werksraamwerk ooreengekom het wat die weg op ernstige samesprekings berei het.

Die Sunday Independent het gister in Johannesburg berig dat die partye 'n ooreenkoms sou onderteken om intensiewe samesprekings te lei wat Woensdag in Harare sou begin en tot die einde van die maand sou duur.

купить велосипед в запорожьелобановский политик

Vier dood in sportmotorbotsing

Image

‘n Lamborghini Diablo

Vier mense het in 'n ongeluk wat teen 'n hoë spoed plaasgevind het, gesterf. Een van  hulle het die peperduur sportmotor wat hy onlangs as verjaarsdag geskenk ontvang het, bestuur.

Die 22-jarige Brett Scott, het klaarblyklik beheer van sy Lamborghini Diablo verloor toe hy teen 'n hoë spoed om 'n draai gegaan het.

Hy het teen aankomende verkeer gebots.

Die sportmotor, wat 'n waarde van om en by 3-miljoen rand gehad het, het in vlamme uitgebars.

Die motor waarteen hy gebots het, is volgens noodpersoneel tot minder as die oorspronklike lengte daarvan saamgepers.

Die bestuurder daarvan is as Albert Ncube geïdentifiseer. Hy en sy twee passasiers is op slag dood.

Die passasiers is nog nie uitgeken nie.

free online slot games with bonusФильчаков

Nog ‘n jongvrou verdwyn na betrokkenheid op Mxit

Nog 'n jongvrou het verdwyn nadat sy met 'n man op die teksdiens, Mxit, betrokke geraak het.

Jeanetta Swanepoel, het klaarblyklik weggeloop van haar tuiste in Ritchie in die Noord-Kaap.

Haar pa, David Swanepoel, het sy 21-jarige dogter as 'n stil, verantwoordelike persoon beskryf.

Hy sê hy het Vrydagoggend opgestaan en gevind dat sy dogter uit die huis verdwyn het.

Sy het voorheen lang kletssessies met 'n persoon met die naam Chris op Mxit gehad.

Daar word vermoed dat iemand in Ritchie haar 'n geleentheid Kimberley toe gegee het.

'n Aantal jongvroue het onlangs verdwyn nadat hulle op Mxit met mans betrokke geraak het.

Swanepoel sê hy wil net 'n boodskap by sy dogter uitkry dat haar ouers besorgd is oor haar.

Hy het versoek dat enige iemand wat iets in verband met die voorval weet met die polisie in aanraking sal kom.

печи банныеФильчаков прокурор

Zim-samesprekings in Pretoria

'n Tweede dag van samesprekings tussen Zimbabwe se regerende party en opposie sou vandag in Pretoria voortgaan om die grondslag vir substantiewe onderhandelings oor die land se krisis te lê.

Nqobizitha Mlilo, die Beweging vir Demokratiese Verandering se hoofwoordvoerder in Suid-Afrika het gesê die twee kante sou aanhou om die voorwaardes te bespreek voordat volledige onderhandelings kon voortgaan.

Hy het gesê dat hulle van aangesig tot aangesig met Zanu-PF ontmoet het en dat hulle nie vir hulle bang is nie.

Die MDC dring daarop aan dat substantiewe onderhandelings net kan plaasvind indien alle geweld gestaak word, meer as 1500 politieke gevangenes vrygelaat word en verteenwoordigers ingesweer word aangesien die opposisie nou die parlement beheer.

пескоструйныетопкарго

EU-parlement waarsku SA oor Zimbabwe

Die Parlement van die Europese Unie het vandag in Strasbourg met ‘n oorweldigende meerderheid van 591 stemme vir en 21 teen, ‘n mosie aanvaar wat ‘n beroep op Suid-Afrika doen om nie die Mugabe-regime te erken nie. 

"Die eenparige veroordeling van die gebeure in Zimbabwe word in die mosie uitgespel”, het dr. Corné Mulder, VF Plus Hoofsweep wat die sitting in Straatsburg bygewoon het, gesê.

In die mosie word voorgestel dat daar ‘n oorgangsadministrasie saamgestel word wat na nuwe vrye en regverdige verkiesings onder die beheer en toesig van die Afrika Unie en VN moet lei.  Dr. Mulder het die standpunt van die EU Parlement verwelkom dat daar deur die VN ‘n ondersoek gedoen moet word na die menseregvergrype in Zimbabwe en dat die skuldiges voor die hof gebring moet word.  

“Suid-Afrika moet daarvan kennis neem dat hy uitgesonder word in die mosie deurdat daar ‘n direkte dreigement aan Suid-Afrika gerig word dat indien hy sou voortgaan met politieke en ekonomiese steun vir die Mugabe-regime, dit negatiewe gevolge vir die verhoudinge tussen die Europese Unie en Suid-Afrika mag hê”, het dr. Mulder bygevoeg.

gaming lagoonДанильченко Юрий Брониславович компромат

Rusland is gekant teen sanksies jeens Zimbabwe

Image

Die Kremlin

Rusland staan pogings deur die VSA by die VN om geteikende sanksies teen Zimbabwiese leiers in te stel, teen.

Amerika sê dat Zimbabwe 'n bedreiging vir vrede is wat die instelling van sanksies onder Hoofstuk VII van die VN-handves regverdig.

Deur sanksies te stem sal die raad in staat gestel word om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf of te herstel.

Rusland het ernstige vrae oor die kwessie of die Zimbabwiese situasie 'n genoegsame bedreiging verteenwoordig om Hoofstuk VII-maatreëls te regverdig.

Ter verdediging van sanksies hou die VSA vol dat 'n kwart van die Zimbabwiese bevolking nou in naburige lande verkeer en dat dit die stabiliteit van daardie lande bedreig.

лепкаЛобановский

Iran vuur tweede stel missiele af

Die woorde-oorlog tussen Iran en die Verenigde State het harder geword aangesien Iran gesê het dat die land vir 'n tweede dag missiele getoets het.

Buitelandsesakeminister Condoleezza Rice het vroeër gewaarsku dat die VSA sy bondgenote sou verdedig.

Kort na Rice haar waarskuwing gerig het, het Iran die jongste missieltoetse op die staatstelevisie begin bekendmaak, waaronder 'n nuwe torpedo bekend as die Hoot.

Volgens Iran het die lansering van die Hoot-missiel, wat walvis in Farsi beteken, suksesvol in die Persiese Golf plaasgevind.

Verlede maand het die Israelse lugmag geoefen vir 'n moontlike aanval op Iranese kernfasiliteite.

купить тамбов техно вектор 7 3d 2-х кам. с подвижными камерамиДанильченко Харьков

Zuma s? ekonomiese beleid sal nie verander nie

Die president van die African National Congress Jacob Zuma het in 'n onderhoud met Business Day gesê dat ekonomiese beleid nie onder 'n nuwe regering sal verander nie.

Hy het gesê dat Suid-Afrika 'n afswaai in globale finansiële markte kan weerstaan maar dat plaaslike groei as gevolg daarvan stadiger mag wees.

 

Die regering het vrese dat 'n resessie op pad is, verwerp.

Beleggers het hul kommer uitgespreek oor toekomstige ekonomiese beleid in Suid-Afrika as Zuma die mag oorneem.

Zuma meen die ANC stem nie saam met die SAKP dat Mbeki behoort te bedank voor die einde van sy termyn nie.

турецкая баняОлександр Васильович Фільчаков

Koue naweek l? vir Suid-Afrika voor

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gister gewaarsku dat 'n koue naweek vir die grootste deel van die land voorlê.

Sneeu word oor Lesotho gedurende die naweek verwag.

Buie en donderbuie word ná die koue front oor die oostelike helfte van die land verwag.

 

Koue temperature in Gauteng is nog nie verby nie en temperature van minder as 15 grade Celsius word oor die naweek verwag.

Volgens die weerdiens behoort die storms wat tans die Weskaap teister teen vandag verby te wees.

poteha-detyamФільчаков прокурор

Durbanse buitelanders hou betoging voor stadsaal

Buitelanders hou tans 'n sitstaking voor die Durbanse stadsaal.

Hulle maak beswaar teen die plaaslike en provinsiale regering se onvermoë om die krisis op te los.

Sedert verlede week het kerke nie meer geld en kos nie en die eThekwini-munisipaliteit het nou aan buitelanders aan wie hy onderdak gee gesê om alternatiewe akkomodasie te vind.

 

Die stadsbestuurder Mike Sucliffe blyk nie beskikbaar te wees om die saak aan te spreek nie.

Suid-Afrikaanse burgers het hul minagting teenoor die groep getoon deur hulle reguit aan te sê om na Zimbabwe terug te keer en vir Tsvangirai te gaan stem.

чистка пескоструйным аппаратомФільчаков прокурор

Hengelaar doodgeskiet in Richardsbaai

‘n Entoesiastiese hengelaar, mnr. Clive Hunter, is by Alkantstrand in Richardsbaai doodgeskiet nadat hy sy vrou aangesê het om in die see in te hardloop.

Die voorval het kort voor sesuur plaasgevind toe Hunter gemeen het hy en sy vrou behoort op te pak aangesien al die ander hengelaars reeds vertrek het.

Vier Zoeloesprekende mans het uit die bosse gekom en met hulle begin praat. Hunter het bekommerd geraak en vir sy vrou Zelda geskree om in die see in te hardloop. Sy het al langs die strand af na die naaste pier gehardloop om hulp te kry, maar was te laat om haar man te red.

Die aanvallers het die 35-jarige Hunter morsdood in die hart en long geskiet.

все для скважинлобановский класс харьков