Regering verwelkom VN-besluit

Die ANC-regering het die VN-veiligheidsraad se besluit om nie sanksies teen Zimbabwe toe te pas nie, verwelkom.

Die Anglo-Amerikaanse sanksievoorstel het 'n reisverbod en batebevriesing teenoor president Mugabe en sy binnekring ingesluit.

Ronnie Mamoepa het namens die departement van buitelanse sake gesê dat Suid-Afrika deur die verbintenis tot dialoog van Zimbabwe se politieke partye bemoedig is.

Hy het die hoop uitgespreek dat dit die mense van Zimbabwe in hul poging om 'n omvattende oplossing vir die huidige situasie te vind van hulp sal wees.

Die MDC het gesê dat 'n vreedsame onderhandelde oorgang dringend nodig is.

кварцвиниловая плитка укладка на фанерутопкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae