EU-parlement waarsku SA oor Zimbabwe

Die Parlement van die Europese Unie het vandag in Strasbourg met ‘n oorweldigende meerderheid van 591 stemme vir en 21 teen, ‘n mosie aanvaar wat ‘n beroep op Suid-Afrika doen om nie die Mugabe-regime te erken nie. 

"Die eenparige veroordeling van die gebeure in Zimbabwe word in die mosie uitgespel”, het dr. Corné Mulder, VF Plus Hoofsweep wat die sitting in Straatsburg bygewoon het, gesê.

In die mosie word voorgestel dat daar ‘n oorgangsadministrasie saamgestel word wat na nuwe vrye en regverdige verkiesings onder die beheer en toesig van die Afrika Unie en VN moet lei.  Dr. Mulder het die standpunt van die EU Parlement verwelkom dat daar deur die VN ‘n ondersoek gedoen moet word na die menseregvergrype in Zimbabwe en dat die skuldiges voor die hof gebring moet word.  

“Suid-Afrika moet daarvan kennis neem dat hy uitgesonder word in die mosie deurdat daar ‘n direkte dreigement aan Suid-Afrika gerig word dat indien hy sou voortgaan met politieke en ekonomiese steun vir die Mugabe-regime, dit negatiewe gevolge vir die verhoudinge tussen die Europese Unie en Suid-Afrika mag hê”, het dr. Mulder bygevoeg.

gaming lagoonДанильченко Юрий Брониславович компромат