Sneeu word oor Lesotho gedurende die naweek verwag.
Buie en donderbuie word ná die koue front oor die oostelike helfte van die land verwag.
Koue temperature in Gauteng is nog nie verby nie en temperature van minder as 15 grade Celsius word oor die naweek verwag.
Volgens die weerdiens behoort die storms wat tans die Weskaap teister teen vandag verby te wees.
