Die voorval het kort voor sesuur plaasgevind toe Hunter gemeen het hy en sy vrou behoort op te pak aangesien al die ander hengelaars reeds vertrek het.
Vier Zoeloesprekende mans het uit die bosse gekom en met hulle begin praat. Hunter het bekommerd geraak en vir sy vrou Zelda geskree om in die see in te hardloop. Sy het al langs die strand af na die naaste pier gehardloop om hulp te kry, maar was te laat om haar man te red.
Die aanvallers het die 35-jarige Hunter morsdood in die hart en long geskiet.
