Skoolseun steek Uzi in sy tas weg

Beeld berig dat 'n skoolseun van die Oos-Rand vasgetrek is nadat hy 'n Uzi-masjiengeweer in sy skooltas weggesteek het.

Image

Die 16-jarige seun, wat ook 4 patrone in sy besit gehad het, is Saterdagaand in Daveyton in hegtenis geneem.

Die seun is deur die polisie in 'n straat opgemerk waar hy dié geweer in sy skooltas probeer indruk het.

Die polisie soek na nog twee gewapende tieners wat van die toneel gevlug het.

Die seun is intussen borgtog geweier.

Dieselfde masjiengeweer is glo Vrydagnag in 'n rooftog in Daveyton gebruik, volgens die polisie.дизельный или бензиновыйФильчаков прокуратура харьков

Koe?lvaste klere kom na Suid-Afrika

Suid-Afrika beskik oor die twyfelagtige onderskeiding dat dit een van die vyf mees gevaarlike lande ter wêreld is, volgens Interpolstatistieke. Nog 'n baie gevaarlike land, Colombia, het die mode vir koeëlvaste klere laat onstaan wat ook deur Hollywood-persoonlikhede en Europese koninklikes gedra word.
Gisteraand h3t die Colombiaanse handelsmerk Miguel Cabellero sy reeks by Melrose Arch in Johannesburg bekendgestel. 'n Modieuse koeëlvaste baadjie om jou teen die volgende kaper se 9mm-pistool te beskerm sal 'n stywe R20 000 kos. Die klere is gemaklike en vir die Suid-Afrikaanse klimaat aangepas.

Beskermende panele wat tot outomatiese geweervuur van 'n Uzzi-submasjiengeweer kan weerstaan, word van 'n gepatenteerde kombinasie van nylon en poliëster gemaak. Vir diegene wat mesaanvalle vrees, kan mesbeskerming ook ingesluit word.

'n Baadjie is gisteraand opgeveil en die opbrengs aan die 8-jarige Courtney Ellerbeck geskenk wat as verlamde gebore is omdat 'n rower haar in haar ma se baarmoeder geskiet het.

интернет магазин одежды для новорожденныхАлександр Фильчаков

Chaos by vlugtelingkampe

Chaos het gister by vlugtelingkampe in Johannesburg geheers toe buitelandse burgers geweier het om hul besittings voor die spertyd op te pak.

Die kampe moet vandag afgeslaan word.

Die Gautengse regerings wil al die skuilings wat meer as 5 000 ontwortelde buitelanders huisves teen die naweek gesluit hê.

Hoewel die plaaslike regering daarop aandring dat die herintegrasie van buitelanders goed op dreef is, sê amptenare aan die Oosrand dat vlugtelinge volstrek weier om na hul ou gemeenskappe terug te keer.

Vreemdeling is drie keuses gegee: Om na hul lande van herkoms terug te keer, om alternatiewe gesubisideerde behuising te vind of om na die gemeenskappe terug te keer van waar hulle weens geweld gevlug het.

футболки поло детские купитьлобановский александр

Woedende Pretoria-pendelaars verbrand busse

Vyftien mense gaan vandag in die Cullinan-landdroshof verskyh nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle 22 Putco-busse aan die brand gesteek en 20 ander beskadig het.

Hulle was deel van honderde pendelaars wat gister in Pretoria amok gemaak het.

Die skare het die busse aan die brand gesteek toe die maatskappy weens swak bestuur geweier het om kaartjies aan hulle te verkoop.

Pendelaars het gesê hulle is kwaad oor die slegte behandeling wat hulle van die maatskappy ontvang.

The crowd set the busses alight when the company refused to sell them tickets due to poor management.

Hulle sê die kaartjiepryse pla hulle nie, maar Putco het nie genoeg busse aan al die pendelaars voorsien nie, veral vanaf 5-uur namiddag.

'n Woordvoerder van Putco, Matlakala Manota, het verklaar dat die situasie na verwagting binne twee weke na normaal gaan terugkeer.

интернет детской одеждыФильчаков прокурор харьков

Zim-samesprekings bereik dooiepunt

President Thabo Mbeki sê die Zim-onderhandelings by die Rainbow Towers-hotel in Harare het tot stilstand gekom om die opposisieleier Morgan Tsvangirai tyd te gee om na te dink.

Mbeki het bewerings ontken dat 'n ooreenkoms die MDC-leier gaan uitsluit.

Mbeki het gesê dat hy vol vertroue is dat al drie partye by die samesprekings 'n oplossing gaan vind.

President Mugabe en Mutambara stem oor al die elemente saam, het Mbeki gesê, maar daar was verskil oor een saak waarvoor Morgan Tsvangirai tyd gevra het om oor te besin.

Dit was nie onmiddellik duidelik wanneer die partye weer gaan onmoet om die samesprekings voort te sit nie.

Tsvangirai het die besprekings gister sonder kommentaar verlaat.винтовой и поршневой компрессор разницаАлександр Фильчаков Васильевич

Skerpioene na bewering beheer deur die CIA en MI5

Sam Kikine, die hoof van die Internasionale Tradisionele en Medisynenavorsingsraad, het die Britse MI5 en die Amerikaanse CIA daarvan beskuldig dat hulle die Skerpioene oorheers.

Hy het gesê die Britse en Amerikaanse inligtingsorganisasies beheer die Direktoraat van Spesiale Operasies tydens die openbare verhoor oor die ontbinding van die direktoraat wat gister in Durban gehou is.

Hy wou weet waarom die Skerpioene nie vir Wouter Basson en die CIA wat Vigs geskep het, ondersoek het nie.

Kikine het gesê die Skerpioene is gelaai met staatsveiligheidsagente uit die apartheidtyd.

Volgens hom ondersteun die navorsingsraad die voorgenome wetgewing om die Skerpioene met 'n nuwe afdeling genaam die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek te vervang.

Lede van die publiek het tot 20 Augustus om hul geskrewe voorleggings teen die ontbinding van die eenheid in te handig.подоконниктопкарго

ANC fasiliteer misdaad, waarsku VF Plus

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het inwoners van veiligheidsbuurte in Pretoria gewaarsku om onder geen omstandighede hulle versperrings af te breek nie. Dit kom nadat die Tshwane metroraad briewe aan bestaande veiligheidsbuurte gestuur het wat beveel dat toegangsbeheerstrukture binne 30 dae verwyder moet word.

Die VF Plus het dit verwelkom dat sewe van hierdie buurte die metroraad hof toe neem hieroor en het gesê dat hulle kans op sukses uitstekend is omdat veiligheid 'n grondwetlike reg is.

Die VF Plus het sy oproep herhaal dat woonbuurte dwarsdeur die stad 'de facto' toegangsbeheer moet begin toepas, en om teistering deur die ANC met mening te weerstaan.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus raadslid, bewys die ANC weereens hiermee dat hulle die wetsgehoorsame inwoners van die stad met meer energie beveg as wat hulle die misdadigers se skrikbewind in die stad beveg.

"Die ANC se geveg teen inwoners was tot op hede beperk tot buurte wat nuwe aansoeke vir veiligheidsbuurte indien.  Nou wil die ANC die bestaande veiligheidsbuurte se heinings en versperrings ook afbreek. Die ANC bevestig hiermee dat hy die fasiliteerder van misdaad in die stad is", het Beyers gesê.

Buiten die impak op veiligheid, sal die afbreek van veiligheidsbuurte katastrofiese gevolge vir inwoners se eiendomswaardes hê. Talle veiligheidsbuurte is naby hoë misdaad risikogebiede geleë en die afbreek van hul toegangsbeheer gaan die buurte vernietig.

Volgens Beyers tree die plaaslike ANC selfs teen die wense van die ANC-leier, mnr. Jacob Zuma, op.  Zuma bepleit lank reeds dat gemeenskappe meer betrokke moet wees in die geveg teen misdaad.

"Die plaaslike ANC tree ongrondwetlik op. Inwoners moet die metroraad se aggressie op elke vlak beveg en die VF Plus sal daarin help – in die howe en op die strate.”

печиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Angola plaas beperkings op buitelandse diplomate

Angola gaan die beweging van buitelandse diplomate beperk voor aanstaande maand se parlementêre verkiesings.

Volgens 'n dokument wat aan die onafhanklike weekblad Novo Jornal gelek is, word daar van alle buitelandse ambassades verwag om drie dae voor die tyd kennis aan die minister van buitelandse sake te gee indien hulle buite die hoofstad Luanda sou reis.

Die beperking geld ook op reis vir ontspanning, sport of toerisme.

Die dokument sluit 'n herinnering aan artikel 41 van die Weense konvensie in wat diplomate daarteen waarsku om in die huishoudelike sake van 'n gasheerland in te meng.

Op 5 September gaan die heersende MPLA teen UNITA in die heel eerste verkiesing sedert onafhanklikwording te staan kom.

бассейн циркуляционный насосДанильченео

Zimbabwe-onderhandelings gaan nie so goed nie

Image

Robert Mugabe

Die Zimbabwiese president Robert Mugabe het die optimisme van die media oor magsdelingsonherhandelings effens geprik.

Toe hy gister gevra is of die onderhandelings goed verloop, het Mugabe geantwoord: "Nie eintlik nie." Maar hy het bygevoeg dat daar meer samesprekings Dinsdag sou plaasvind.

Mugabe, die opposisiepartye en president Thabo Mbeki, wat die rol van bemiddelaar speel, hou sedert Sondag samesprekings agter geslote deure in 'n hotel in Harare.

Mugabe en die hoofopposisieleier Morgan Tsvangirai ding om die toppos in die land se regering mee. Die hoofkwessie is watter rol Mugabe, wat reeds in sy tagtigerjare verkeer, in die nuwe regering gaan speel.

Tsvangirai het gesê dat hy met gematigdes van Mugabe se Zanu-PF-party kan saamwerk, maar nie met Mugabe nie. Zanu-PF dring daarop aan dat Mugabe as president aanbly.

free casinos games onlineДанильченко Юрий Харьков

Vrou gee geboorte in hysbak

'n Vrou het geboorte gegee terwyl sy Sondagnag in 'n hysbak van die Johannesburgse Coronation-hospitaal vasgekeer was, het die Gautengse gesondheidsdepartement gister gesê.

Die Gautengse gesondheidsdepartement het bevestig dat die hysbak omstreeks tienuur Sondagaand met die swanger vrou, 'n vroedvrou en 'n portier binnekant vasgesit het.

Hulle is na anderhalf uur bevry. Teen daardie tyd het die vrou reeds geboorte geskenk.

Volgens 'n woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement Zanele Mngadi is die moeder en baba ongedeerd.

Dié jongste voorval volg op 'n reeks hysbakprobleme. 'n Dokter aan diens het drie weke gelede by dieselfde hospitaal vir meer as drie ure in die hysbak vasgesit nadat hy 'n pasiënt in sy spreekkamer gelos het.

детский транспорт ценаОлександр Фільчаков прокурор

Waterkloof 3 begin hul vonnisse uitdien

Drie van die vier Waterkloofseuns is gistermiddag met loeiende sirenes van die Pretoriase landdroshof af weggery om hul twaalfjaarvonnis vir moord en aanranding te begin uitdien.

Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt het die gebou stil-stil verlaat en in 'n polisiemotor geklim.

Die hooggeregshof van appèl het verlede week hul appèl teen hul skuldigbevindjngs en vonnisse geweier.

Hulle is tot 12 jaar gevangenisstaf gevonnis vir die moord op 'n onbekende man en die aanranding van 'n ander in 'n park in 2001 terwyl hulle nog op skool was.

Al vier het dwarsdeur volgehou dat hulle onskuldig is.

Nommer van die Waterkloof Vier, Christoff Bekker, sal na verwagting homself vandag oorhandig om sy tronkstraf te begin uitdien.

купить 107421 карданный светильник москваФільчаков прокурор

Zim-partye voor moeilike besluite

Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai het breë ooreenstemming bereik dat Mugaba as president sal aanbly en dat Tsvangirai eerste minister sal word aan die hoof van 'n groot kabinet wat eweredig tussen die twee partye verdeel sal wees. Die kleiner opposisiefaksie sal egter die balans van die poste uitmaak.
Bronne sê daar bly steeds beduidende geskilpunte oor sleutelkwessies wat gaan bepaal of Mugabe werklike beheer van die regering behou.

Mbeki is gretig om te bewys dat stille diplomasie 'n suksesvolle strategie was.

Die samestelling van die nuwe kabinet bly 'n struikelblok. Mugabe wil hê dit moet uit 36 ministers bestaan, met Zanu-PF en die MDC wat elk oor 15 poste beskik en die oorblywende 6 wat deur die wegbreek MDC-faksie van Arthur Mutambara gehou sal word.

Tsvangirai wil 'n kleiner kabinet hê en net twee poste vir Mutambara.

Brittanje, die VSA en die Europese Unie het almal gesê dat 'n hulppaket van R14-miljard net vrygestel sal word indien Mugabe beheer van die regering laat vaar.

slots noАлександр Фильчаков Васильевич

Vervolgingsgesag onseker oor aantygings van omkopery

Die Nasionale Vervolgingsgesag kan nie sê of hy die R30-miljoen se omkoopgeld wat Mbeki blykbaar ontvang het, gaan ondersoek nie.

Mbeki se woordvoerder Mukoni Ratshitanga, sê die president is besig om regsadvies in te win nadat die Sunday Times berig het dat hy omkoopgeld van 'n Duitse skeepsbouer, MAN Ferrostaal, aanvaar het.

Vrydag het die Mail & Guardian berig dat die oud-spioen Mhleli Paul Madaka, beweer het dat die Skerpioene bewyse het dat Mbeki die omkoopgeld van Ferrostaal ontvang het.

Maar die NV-woordvoerder Tlali Tlali het aan die media gesê die NV weet niks van Madaka en die bestaan van die beweerde inligtingstuk nie.

Madaka het verlede jaar in Augustus ná 'n geheimsinnige motorongeluk gesterf.

купить настольную игруданильченко юрій броніславович

Oorlogspraatjies van Msholozi-ondersteuners

Image

Jacob Zuma

09:03:41 Zuma-ondersteuners het dit duidelik gemaak dat hulle bereid is om agter Msholozi te staan totdat hy president word.

Helen Zille sê die toon het verskuif van dreigende retoriek tot 'n volskaalse oorlogsverklaring deur voormalige soldate.

Hulle het 'n staatsgreep belowe indien die howe teen Zuma bevind, het sy gesê.

Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, het ook 'n beroep op Zuma-ondersteuners gedoen om die grondwet, die onafhanklikheid van die regbank en die grondwethofuitspraak te eerbiedig.

Die Umkhonto we Sizwe-veteranevereniging se nasionale adjunksekretaris het gesê dat hulle seker gaan maak dat Zuma die volgende president word, ongeag enigiets anders. Volgens hom beteken geen Zuma, geen Suid-Afrika.

slot game onlineФільчаков Олександр Васильович