Zim-samesprekings bereik dooiepunt

President Thabo Mbeki sê die Zim-onderhandelings by die Rainbow Towers-hotel in Harare het tot stilstand gekom om die opposisieleier Morgan Tsvangirai tyd te gee om na te dink.

Mbeki het bewerings ontken dat 'n ooreenkoms die MDC-leier gaan uitsluit.

Mbeki het gesê dat hy vol vertroue is dat al drie partye by die samesprekings 'n oplossing gaan vind.

President Mugabe en Mutambara stem oor al die elemente saam, het Mbeki gesê, maar daar was verskil oor een saak waarvoor Morgan Tsvangirai tyd gevra het om oor te besin.

Dit was nie onmiddellik duidelik wanneer die partye weer gaan onmoet om die samesprekings voort te sit nie.

Tsvangirai het die besprekings gister sonder kommentaar verlaat.винтовой и поршневой компрессор разницаАлександр Фильчаков Васильевич